(navigation image)
Home American Libraries | Canadian Libraries | Universal Library | Community Texts | Project Gutenberg | Biodiversity Heritage Library | Children's Library | Additional Collections
Search: Advanced Search
Anonymous User (login or join us)
Upload
See other formats

Full text of "Kuns en Kultuur Graad 7"

Kuns en Kultuur Graad 7 



By: 

Siyavula Uploaders 



Kuns en Kultuur Graad 7 



By: 

Siyavula Uploaders 



Online: 

< http://cnx.Org/content/colll026/l.l/ > 



CONNEXIONS 

Rice University, Houston, Texas 



This selection and arrangement of content as a collection is copyrighted by Siyavula Uploaders. It is licensed under 

the Creative Commons Attribution 3.0 license (http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/). 

Collection structure revised: September 10, 2009 

PDF generated: February 6, 2011 

For copyright and attribution information for the modules contained in this collection, see p. 96. 



Table of Contents 



1 Kwartaal 1 

1.1 Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om kunswerk te skep 1 

1.2 Om verskillende SA liedere te sing rondom die tenia 'nasiebou' 5 

1.3 Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek 11 

1.4 Om verhoudings deur dans te verken 16 

2 Kwartaal 2 

2.1 Om die gebruik van instrumente in Westerse musiek te ondersoek 21 

2.2 Die huwelikseremonie 32 

2.3 Om die danse van verskillende kultuurgroepe in SA te waardeer 37 

2.4 Om die oorsprong van liggaamsversiering te bespreek en waardeer 43 

3 Kwartaal 3 

3.1 Om navorsing te doen oor tradisionele dans:Indiese Dans 51 

3.2 Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp 53 

3.3 Om westerse instrumente te klassifiseer 58 

3.4 Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek 65 

4 Kwartaal 4 

4.1 Om 'n opvoedergerigte opwarmingsroetine te volg 71 

4.2 Om die liggaam op te warm voordat aktiwiteite uitgevoer word 71 

4.3 Om tekens en simbole te herken 78 

4.4 Om verskillende tromtegnieke en perkussiepatrone te kombineer 85 

Attributions 96 



IV 



Chapter 1 

Kwartaal 1 



1.1 Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om 
kunswerk te skep 1 

1.1.1 KUNS EN KULTUUR 

1.1.2 Graad 7 

1.1.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.1.4 Module 1 

1.1.5 Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om kunswerk te skep 
VISUELE KUNSTE 

1.1.6 Aktiwiteit 1: 

1.1.7 Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om kunswerk te skep 

1.1.8 [LU 3.8] 

Voorbeeld van die kleurwiel: 




Figure 1.1 



lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24498/l.l/>. 



2 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Hersiening van die kleurwiel 

Bestudeer die kleurwiel hierbo en beantwoord dan die volgende vrae: 

1. Noem die drie PRIMERE KLEURE op die kleurwiel. 

1. Noem die drie SEKONDERE KLEURE op die kleurwiel. 

1. Noem twee WARM kleure. 

1. Noem twee KOUE kleure. 

1. Wat noem ons die kleur wat verkry word deur 'n primere kleur met 'n sekondere kleur te meng? 

1. Noem twee pare KOMPLEMENTERE KLEURE op die kleurwiel. 

1. Noem twee AN ALOE KLEURE. 

1. Verduidelik hoe 'n GEEL-GROEN gemeng kan word. 

• Bespreek binne 'n groep wat 'n landskap is en stel 'n lys van 10 voorwerpe in 'n landskap op. 

• Teken nou op 'n A3-grootte stuk papier 'n denkbeeldige of werklike landskap met 'n potlood. 

• Wanneer jy klaar is, moet hierdie landskap, denkbeeldig of werklik, oorgeteken word op 'n ander stuk 
papier sodat jy twee eenderse landskappe het. Ruil daarna die oorgetekende landskap met iemand 
langs jou. 

• Verf nou die eerste landskap in komplementere kleure en die tweede landskap in analoe kleure. 

Aktiwiteit 2: 

1.1.9 Om individueel in groepverband verskillende teksture te gebruik om 'n 
kunswerk te skep 

1.1.10 [LU 3.8] 

TUISOPDRAG 

Bring 'n versameling van tien verskillende teksture d.m.v. frottage klas toe. Frottage is 'n tegniek waar 
papier op 'n voorwerp gesit word en daar dan oor die voorwerp met 'n sagte potlood (2B, 4B of 6B) op 
die papier gekrap word, ('n Bekende voorbeeld is wanneer 'n muntstuk onder papier gesit word en dan in 
potlood verskyn terwyl daar oor die papier gekrap word.) 

Dink byvoorbeeld aan: skoensole, baksteenmure, stoeloppervlakke, houttafelblaaie, verskillende ma- 
teriale, ensovoorts. 

Verdeel nou die teksture in die volgende: 



VOORWERP 


GLAD 


MEDIUM 


GROF 











































Table 1.1 




w*m 






7- fjiij,-- • 
muntstuk 



if v 
■ t ., 



i s. 



■■,■ 



a 



>*<-£■ 
/* 



/■■s 






deurmat 



-?*j4&&B£j&*. 



rubbermat 



'*$mjt 



; : ':■ ' '' 







plank 

{'■ 

M ■ A 

fjs'f ,' r 



m 



baksteen 



Ms 



*w 



■;,. 



■ ■ ■'■ . ; 






■■- 



4. a 






t-if 
deur 



.. - : . 



Figure 1.2 



Terug in die klas moet jy in jou groep 'n plakkaat-grootte stuk papier in vier gelyke dele verdeel en dan 
van jou frottage-teksture daarop oorteken. Elkeen in die groep moet ten minste een beurt per blok of kwart 
kry om sy/haar frottage-tekstuur oor te teken. 

Kleur kan nou bygevoeg word om in elke kwart 'n seisoen uit te beeld. So byvoorbeeld kan die SOMER 
in GELE gedoen word, WINTER in BLOUE, LENTE in GROENE of PERSE en HERFS in ORANJES of 
enige ander kleurkeuses. Elke groep moet self besluit watter kleur hulle aan watter seisoen herinner. 



4 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1.1.11 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede 
deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.8 hieronder, die volgende toon: 



omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking; 



• die vermoe toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer; 



VISUELE KUNS (3.S 



• saamwerk met ander in die beplanning en skepping van 'n gesamentlike kunsproduk of aanbieding 
wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder; 



Table 1.2 

1.2 Om verskillende SA liedere te sing rondom die tenia 'nasiebou' 2 

1.2.1 KUNS EN KULTUUR 

1.2.2 Graad 7 

1.2.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.2.4 Module 2 

1.2.5 Om verskillende Suid-Afrikaanse liedere te sing rondom die tenia "nasiebou" 

MUSIEK 

In hierdie module gaan ons Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture en in verskillende tale sing en 
begelei. Hierdie liedere kan almal in verband gebring word met ons tema: nasiebou. 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24492/l.l/>. 



6 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1.2.5.1 Aktiwiteit 1: 

1.2.5.2 Om verskillende Suid-Afrikaanse liedere te sing rondom die tenia "nasiebou" 

1.2.5.3 [LU 3.6] 

1. Volg die opvoeder se instruksies om die volgende aspekte t.o.v. elke lied te dek: 

• Agtergrondinligting 

• Beluistering 

• Aanleer en sing van lied 

• Die volgende aanhaling kom uit 'n toespraak tydens die onthulling van 'n monument op 
Erfnisdagviering (1996). Lees die aanhaling en beantwoord dan die vrae. Die opvoeder 
sal die nodige agtergrondkennis aan jou verskaf. 

"Today it forms part of our national anthem; and along with Die Stem, it embellishes various strands of our 
past in a unison of inclusiveness, of the oneness of South Africa's people." 

i) Watter voormalige president vermoed jy het hierdie toespraak gelewer? 

i) Na watter lied ("it") word hier verwys? 

i) Ter ere van wie is die monument opgerig? 

i) Waarom? 

i) Wie het Die Stem gekomponeer? 

i) Wie was verantwoordelik vir die woorde van Die Stem? 

i) Noem een aspek in die volkslied wat nasiebou aanmoedig. 

1.2.5.3.1 Nkosi sikelel'iAfrika 

Maluphakanyisw' uphondo lwayo, 
Yizwa imithandazoyethu, 
Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo 
Morena boloka setjhaba sa heso, 
O fedise dintwa la matshwenyeho, 
O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso, 
Setjhaba sa South Afrika - South Afrika. 
Uit die blou van onse hemel, 
Uit die diepte van ons see, 
Oor ons ewige gebergtes, 
Waar die kranse antwoord gee, 
Sounds the call to come together, 
And united we shall stand, 
Let us live and strive for freedom, 
In South Africa our land. 

1.2 "Die stad le aan die voet van die tafel, tussen die duiwel se stert en die leeu se kop." 
A. Voltooi die volgende n.a.v. hierdie aanhaling: 



(i) Na watter stad word verwys? 

(i) Vervang die onderstreepte gedeeltes met eiename om die werklike ligging van die stad te beskryf: 

"Die stad le aan die voet van , tussen 

en" 

B. Luister na gedeeltes van My broertjie my bra' en JVew Year en beantwoord die vrae. Die 
opvoeder sal agtergrondinligting aan jou verskaf. 

(i) Uit watter musiekblyspel kom bogenoemde twee liedere? 
(i) Wat is 'n musiekblyspel? 
(i) Wat beteken bra? 

(i) Watter instrumente is prominent in JVew Year ? 

Doen navorsing oor Distrik Ses t.o.v. die geskiedenis en die tasbare aspekte van die kultuur wat daar 
beoefen is, soos bv. tradisionele Kaapse cuisine (resepte vir bobotie en geelrys, samoesas, rotis, koeksisters). 
KLASBESPREKING 

• Die klas onderverdeel in verskillende groepe (ses). 

• Almal luister na die opname van die Kaapse Klopse. 

• Elke groep doen navorsing oor een van die aspekte t.o.v. die Kaapse Klopse soos hieronder uiteengesit. 

• Elke groep dra hul inligting oor aan die res van die klas. Dit kan ook prakties gedemonstreer word 
deur bv. die kleredrag aan te trek, die danspassies uit te voer, ens. 

• Die hele klas dra by tot die bespreking. 

• Elke leerder voeg enkele kenmerke by. 

KAAPSE KLOPSE SE MUSIEK EN KULTUUR: 

• Karnavaltradisie 

• Danspassies 

• Musiek 

• Instrumente 

• Taalgebruik 

• Kleredrag 

GHOEMA IS WOEMA 
Die Alibama 
Daar kom die Alibama, 
Die Alibama die kom oor die see(2X) 
Noi, Noi die rietkooi, noi, die rietkooi is gemaak, 
Die rietkooi is vir my gemaak om daar op te slaap(2x) 
Die Alibama, Die Alibama 
Die Alibama kom oor die see (2X) 
Janewarie.... 

Janewarie, Feberwarie Maart 
* April, May, June, July (2X) 

August, September, October, November, December (2x) 
Janewarie, Feberwarie Maart 
April, May, June, July (2X) 
(*April tot Desember - Engelse uitspraak) 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



1.2.5.3.2 Nuwejaar 

Aai-aai Ja-goe (2) 

Aai- aai -aai dis 'n Nuwejaar 
Aai-aai Ja-goe (2) 

1.2.5.3.3 Aai- aai —aai dis 'n Nuwejaar 

1.2.5.3.4 Nuwejaar 

Wow wow wow wow wie die wie die wie die 
wee die Nuwejaar is hier (2) 
Onner Tafelberg, die was lekker daar 
Distrik Ses was kwaai op 'n Nuwejaar. 
Elke Oujaarsaand sit die mense daar 
Op banke daar bo in Hanoverstraat. 
En dit was jolty d 
Dit was tog so lekker joltyd 
Dit was tog so lekker 
Dit was lekker daar bo in Hanoverstraat 
C. Beantwoord die volgende vrae: 



i) Waarna verwys die "Alibama"? 



Wat is 'n rietkooi? Hou dit enige verband met die Alibama as sulks? Motiveer. 



Watter liedjie(s) kan nog hierby ingevoeg word? 



Stem jy saam met die uitdrukking wat se "Ghoema is Woema". Motiveer. 



Waarvan is die term "ghommaliedjie" afgelei? 



Definieer "ghommaliedjie". 



Wat is die belangrikste musiekelement van ghoema- en moppiemusiek? 



Waarvan is die term "moppie" afgelei? 



Definieer "moppie". 



Hoe verskil 'n moppie van 'n ghommaliedjie? 



Noem watter groepe onderskeidelik veral ghoemaliedjies en wie moppies sing. 



Waarmee word die spot gedryf in die onderstaande moppie? 



1.2.5.3.5 Skinnery in die washuis 

deur Abdullah Isaacs 

Tapsiela met haar groot bek kan baie raas 

Sy maak skandaal in die ou wasplaas; 

Sy se Gasbieya is skeel, 

Nou wil Gasbieya vir haar verbeel 

En verder 

Oe Tapsiela, Gafiela en Jamiela, 

Pasop! Pasop! 

Hier kom motjie Dingie met haar lang snuif lip; 

Haar gevreet lyk so plat soos 'n ou wasklip. 

(xiii) Skryf jou eie moppie waarin die spot gedryf word met 'n beroemde persoon, politikus, ens. 

1.3 
A Die volgende berig het op 7 Maart 1995 in 'n plaaslike koerant verskyn: 

KAAPSTAD. Anneline Malebo, lid van die popgroep Joy wat vir die trefferliedjie "Paradise Road" bekend 
was, word Saterdag in Guguletu begrawe. 

Die roudiens sal in 'n groot tent op die oop veld voor haar familiewoning, huis nr. 8 in NY46, gehou 
word. Sy sal daarna in die Guguletu-begraafplaas ter ruste gele word. 

Dis nog onbekend hoe laat die begrafnis sal begin. 

Verduidelik die verband tussen hierdie berig en die neiging om na die lied Paradise Road te verwys as 
Suid-Afrika se nie-amptelike Vigs-lied? (South Africa's unofficial Aids anthem.) 

PARADISE ROAD 

Come with me down Paradise Road 

This way please, I'll carry along 

This you won't believe 

Come with me to Paradise Place 

Just outside and open your eyes 

This you won't believe 

There are better days before us 

And the burning bridge behind us 

By us spoken; 

The sky is burning 

There's a woman waiting weeping 

And a young man nearly beaten 

All for love 

Paradise is almost closing down. 

B. Luister na 'n tweede opname van hierdie lied soos gesing deur Jannie Moolman en die 
Zulu sanggroep Colenso Abafana van Ladysmith. Beantwoord die volgende vrae: 

(i) Onder watter tipe sangstem kan Jannie Moolman geklassifiseer word? 

(i) Wat beteken Abafana? 

(i) Beskryf die styl van die sanggroep. 

(i) Motiveer waarom hierdie lied gesien kan word as 'n voorbeeld van "vermenging van style in musiek". 

1.4 Hier volg die woorde van die eerste gedeelte van The Click Song. Voeg die uitspraak en 
die Afrikaans by, en noem die kunstenaar wat die lied bekend gemaak het. 



10 



CHAPTER 1. KWARTAAL 1 





THE CLICK SONG 






Xhosa (voeg uitspraak onderaan by) 


Afrikaans 




I gqi ra 












Len die la 












Ngu Gqon gqo thwa ne 











Table 1.3 

Kunstenaar: 
1.5 

A. Verdeel in vier groepe. Elke groep gebruik een van die aangeleerde liedere om die 
volgende te demonstreer: 

(i) Die musiekelemente : tempo, ritme, maatslag, dinamiek 
(ii) Hoe hierdie elemente die karakter van die musiek bei'nvloed 

B. Omskryf kortliks wat elk van die volgende terme beteken: 

TEMPO: 

RITME: 

MAATSLAG: 

DINAMIEK: 

Volg die opvoeder se instruksies en skep julle eie begeleidings vir die liedere wat julle in Aktiwiteit 1 
aangeleer het. 

1.2.5.4 Aktiwiteit 2: 

1.2.5.5 Om 'n begeleiding vir 'n Suid-Afrikaanse lied te skep 

1.2.5.6 [LU 3.7] 

1.2.5.7 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede 
deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon. 



continued on next page 



11 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.8 hieronder, die volgende toon: 



omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking; 



• die vermoe toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer; 



VISUELE KUNS (3.S 



• saamwerk met ander in die beplanning en skepping van 'n gesamentlike kunsproduk of aanbieding 
wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder; 



MUSIEK (3.6 - 3.7) 



• Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika sing en/of 
speel; 



• gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of 
melodie skep; 



Table 1.4 

1.3 Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek 3 

1.3.1 KUNS EN KULTUUR 

1.3.2 Graad 7 

1.3.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.3.4 Module 3 

1.3.5 Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek 
DRAMA 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24503/l.l/>. 



12 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

Welkom by die eerste kwartaal van Drama. Kyk om jou en neem kennis van die plekke, voorwerpe 
en mense wat jy teekom gedurende hierdie jaar. Maak notas in jou gedagtes. Dit sal jou help met jou 
drama-aktiwiteite. 

Luister aandagtig na jou opvoeder want hy of sy sal jou inlig oor wat jy moet weet sodat jy die volgende 
aktiwiteite kan doen. Dis hope pret. Geniet dit! 

1.3.5.1 Aktiwiteit 1: 

1.3.5.2 Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek 

1.3.5.3 [LU 3.4] 

DIE SPEELGROND 

Oefening 1: Waarneming 

• Gaan buite na die speelgrond en neem notas van alles wat jy teekom en waarneem 

• Gaan weer terug na die klaskamer, skoolsaal of verhoog en neem deel aan 'n kort bespreking oor wat 
jy waargeneem het op die speelgrond. 

Oefening 2: Beplanning 

• Beplan 'n stel in die oop ruimte waarbinne julle gaan werk. 
Voorbeeld: 

• Is daar borne, bankies, sand, gras, swaaie, glyplanke, ens.? 

• Wat sal julle graag op die speelgrond wil he? 

• Wie gaan op die speelgrond wees? (kinders, babas, volwassenes, honde). 

• Wanneer vind die aksie plaas? (oggend, oor middagete, aand). 

• Wat is die weersomstandighede? (reen, bewolk, sonskyn, koud, warm). 

• Wat is die stemming en hoe gaan dit verander a.g.v. die omstandighede? 

Oefening 3: Situasie 

• Neem deel aan 'n kort bespreking oor wat die situasie op die speelgrond gaan wees - m.a.w. wat gaan 
die intrige wees? 

• Vra die volgende vrae: 

• Hoekom gebeur dit? 

• Wat is die oorsprong van die probleem of situasie? 

• Hoe gaan die probleem of situasie opgelos word? 

• Is die probleem persoonlik of sosiaal van aard? 

Oefening 4: Karakters 

• Kies 'n karakter wat jy graag sal wil speel. 

• Voorbeelde: die mammas, pappas, onderwyser, kinders, babas, die hond, die boelie, die dief, die 
dwelmsmous, die beseerde, die dokter, die polisieman, ens. 

• Ondersoek die volgende aangaande jou karakter: 

Hoe lyk ek? 

Hoe oud is ek? 

Wat het ek aan? 

Wat doen ek? 

Het my karakter enige rekwisiete nodig? 

Hoe klink my stem? 



13 

• Wat doen ek op die speelgrond? 

• Wat is my sosiale stand? 

• Wat is my aksies? 

• Wat is my karaktereienskappe? (sorgeloos, verantwoordelik, avontuurlustig, onverantwoordelik, 
skaam, ekstrovert) 

(Deferring 5: Dialoog 

• Werk aan die dialoog vir jou karakter binne die bepaalde situasie. 

1.3.5.4 Oefening 6: Speelgrond 

• Skep 'n kort improvisasie deur al die vorige oefeninge in ag te neem. 

• Indien jou klas te groot is, sal jou opvoeder julle in groepe verdeel en dan kan julle die improvisasies 
voor die ander groepe opvoer. 

Oefening 7: Nabetragting 

• Voltooi die vraelys. 

1.3.5.5 VRAELYS 

1. Watter karakter is die beste uitgebeeld? Waarom? 

2. Was die dialoog hoorbaar? Wie het nie duidelik gepraat nie? Hoekom dink jy was dit so? 

3. Wat was die kwessie of probleem wat in die toneel voorgestel is? 

4. Wat was die oplossing vir die probleem? 

5. Was daar alternatiewe om die probleem op te los? Wat is dit? 

6. Het die groep saamgewerk as 'n span? Waarom? Waarom nie? 

7. Hoekom het jy jou spesifieke karakter gekies? 

8. Kon jy al die persoonlike of sosiale probleme van die ander groepe se tonele identifiseer? Wat was dit? 

1.3.5.5.1 Aktiwiteit 2: 

1.3.5.5.2 Om te luister en in harmonie te praat en te beweeg 

1.3.5.5.3 [LU 3.5] 

Mense wat werk of speel, geniet dit om saam te sing. Om saam te sing help hulle om ritme in hul bewegings 
te handhaaf. 

Dit moet die eerste reel wees as poesie in groepe gelees word - julle moet saam praat! 

Julle stemme moet nie net die ritme oordra nie, maar ook die betekenis van wat julle lees. Vrolike reels 
het hoe, ligte stemme nodig - meisies se stemme werk goed hier; stampende reels vereis lae, swaar stemme 
- seuns se stemme werk weer hier. 

Oefening 8: 

'n Geskikte gedig vir hierdie aktiwiteit is Pietersielie Boeliebief deur Philip de Vos ( uit : 
Brommer in die sop , Tafelberg) 

• Hierdie gedig deur Phillip de Vos bied geleentheid om verskillende karakters uit te beeld en met 
verskillende stemme en bewegings te eksperimenteer. 

• Maak seker dat die beweging van die reels duidelik en helder is. 

• Let op artikulasie by assonansie en alliterasie. 

• Maak seker dat die atmosfeer en stemming van die gedig gehandhaaf word. 

• Oefen die gedig totdat julle saamwerk as 'n groep en dat elke leerder doen wat van hom vereis word. 



14 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1,3.6 Assessering 



15 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede 
deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.8 hieronder, die volgende toon: 



omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking; 



• die vermoe toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer; 



VISUELE KUNS (3.S 



• saamwerk met ander in die beplanning en skepping van 'n gesamentlike kunsproduk of aanbieding 
wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder; 



MUSTEK (3.6 - 3.7) 



• Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika sing en/of 
speel; 



• gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of 
melodie skep; 



continued on next page 



16 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



DRAMA (3.4 - 3.5) 



• 



met sensitiwiteit in 'n groep saamwerk om tonele rondom persoonlike en sosiale vraagstukke te 
verken en te ontwikkel en met alternatiewe oplossings vir probleme te eksperimenteer; 



• 



die vermoe toon om aandagtig te luister, op tekens te reageer en harmonieus in 'n groepsgedrama- 
tiseerde koraalvers of gedramatiseerde prosastuk te praat en te beweeg; 



DANS (3.3) 



• vaardighede toon wat vertroue tydens samewerking met 'n maat opbou deur middel van aktiwiteite 
soos: 

• om kontrasterende en aanvullende vorms te skep wat visueel doeltreffend is; 

• om maniere uit te dink om saam met 'n maat gewig uit te balanseer. 



Table 1.5 

1.4 Om verhoudings deur dans te verken 4 

1.4.1 KUNS EN KULTUUR 

1.4.2 Graad 7 

1.4.3 PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE 

1.4.4 Module 4 

1.4.5 Om verhoudings deur dans te verken 

DANS/BEWEGING 

Die dans kan die visuele kuns, musiek en drama aanvul en komplementeer deur die aktiwiteite wat hier 
onder beskryf word. 

Bring jou gunsteling kleur T-hemp (vermy swart of wit) om in jou dansklas aan te trek . 

Opwarming 

Opwarming behoort toenemend en getrou gedoen te word. Opwarming behoort die liggaam van beserings 
te vrywaar, soepel te maak, in stand te hou en ook tegniese vaardigheid te ontwikkel. Bewegingskombinasies 
en bewegingsekwense behoort ingesluit te word. 

Volg die leerkrag se leiding waar 'n reeks opwarmingsoefeninge aan jou voorgestel word. Onthou herhaling 
van sekwense en korrekte plasing van die liggaam is ten alle tye van belang om die liggaam te kondisioneer, 
soepel te maak en vaardigheid te ontwikkel. 

Jy sal ook die geleentheid kry om jou eie kombinasies en sekwense te skep wat ontwerpelemente vir 
choreografie sal insluit soos vinnig, stadig, lig, vloeiend, rukkerig, hoog, laag en stil of rustig. 



This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24505/l.l/>. 



17 

Dansopwarming en -oefeninge wat getrou en doelgerig uitgevoer word, kan ook jou liggaam voorberei en 
versterk vir jou gunsteling sport. 
Verken verhoudings deur dans 

1.4.6 Aktiwiteit 1: 

1.4.7 Om verhoudings deur dans te verken 

1.4.8 [LU 3.3] 

Vertrouensoefening 

• Verken, ontdek en neem gevoelens waar om 'n sensitiewe bewustheid van eie en ander se gevoelens en 
ruimte te ontwikkel. 

• Groepeer saam in die middel van die kamer so na aan mekaar as moontlik sonder om te raak. 

• Stap en ryg tussen mekaar deur en bly so naby moontlik aan mekaar sonder om te raak en te stamp 
aan mekaar. Maak oogkontak met mekaar. 

• Loop nou so ver as moontlik, na die oop ruimte, weg van mekaar in 'n teenoorgestelde rigting, sodat 
jy alleen is. Vermy oogkontak. 

• Loop weer na die middel van die kamer en ryg tussen mekaar deur soos tevore. 

• Herhaal hierdie aktiwiteit verskeie kere, sodat jy beide 'n nabye groepsgevoel en kontrasterende, allenige 
verwyderdheid kan ervaar. 



Refleksie 

Bespreek wat jy van jouself geleer het. 

• Is ek 'n uitgaande persoon wat by ander maats wil aansluit, of is ek teruggetrokke en wag dat ander 
by my aansluit? 

• Het ek gevoel dat ek verwerp word of verlig gevoel omdat andere my alleen gelos het? 

• Het ek bedreig gevoel of het ek dit geniet as ander my persoonlike ruimte betree het? 

1.4.9 Aktiwiteit 2: 

1.4.10 Om verhoudings deur dans te verken 

1.4.11 [LU 3.3] 

Kontrabalanseer met 'n maat 



Die aanbieder sal vir jou leiding gee in hierdie aktiwiteit. 

Loop na 'n maat, hou beide die maat se hande stewig voor julle liggame vas (verkieslik om die gewrig), 
hou nou julle liggame ferm in een lyn, leun weg van mekaar vanaf die enkels en strek die elmboe, 
gebruik mekaar se gewig om te balanseer. 

Buig julle kniee gelyktydig en gaan sit op die vloer sonder om die voete te beweeg: hou steeds julle 
hande stewig vas. 

Kom stadig regop en strek die kniee. Herhaal die afgaan en opkom. 
Loop nou na 'n ander maat en herhaal die aktiwiteit. 

As jy genoeg vertroue ontwikkel het kan julle eksperimenteer en die oefening rug-aan-rug en sy-aan-sy 
met slegs een hand probeer. 

Stap nou na 'n maat wat jou kleur T-hemp komplementeer of stap na 'n maat wat jou T-hemp 
kontrasteer. 

Werk saam met 'n maat 'n bewegingsreeks uit van julle keuse wat die kontrabalans voorafgaan, bv. be- 
gin weg van mekaar : strek op enige manier, krimp, strek, maak 'n draaibeweging, hardloop namekaar, 
hou hande vas en kontrabalanseer. 



18 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 

1,4,12 Assessering 



19 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU3 



DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede 
deur individuele en groepdeelname aan kuns- en kultuuraktiwiteite te toon. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



ALGEMEENt.o.v. 3.1 - 3.8 hieronder, die volgende toon: 



omskepping van persoonlike ervaringe in vorms van uitdrukking; 



• die vermoe toon om eie bydraes binne groepsverband te lewer; 



VISUELE KUNS (3.S 



• saamwerk met ander in die beplanning en skepping van 'n gesamentlike kunsproduk of aanbieding 
wat nasiebou in Suid-Afrika bevorder; 



MUSTEK (3.6 - 3.7) 



• Suid-Afrikaanse liedere uit verskillende kulture met die gepaste ritme, tempo en dinamika sing en/of 
speel; 



• gepaste melodiese of nie-melodiese begeleiding vir enige Suid-Afrikaanse volksliedjie, lofsang of 
melodie skep; 



continued on next page 



20 CHAPTER 1. KWARTAAL 1 



DRAMA (3.4 - 3.5) 



• met sensitiwiteit in 'n groep saamwerk om tonele rondom persoonlike en sosiale vraagstukke te 
verken en te ontwikkel en met alternatiewe oplossings vir probleme te eksperimenteer; 



• die vermoe toon om aandagtig te mister, op tekens te reageer en harmonieus in 'n groepsgedrama- 
tiseerde koraalvers of gedramatiseerde prosastuk te praat en te beweeg; 



DANS (3.3) 



• vaardighede toon wat vertroue tydens samewerking met 'n maat opbou deur middel van aktiwiteite 
soos: 

• om kontrasterende en aanvullende vorms te skep wat visueel doeltreffend is; 

• om maniere uit te dink om saam met 'n maat gewig uit te balanseer. 



Table 1.6 



Chapter 2 

Kwartaal 2 



2.1 Om die gebruik van instrumente in Westerse musiek te ondersoek 1 

2.1.1 KUNS EN KULTUUR 

2.1.2 Graad 7 

2.1.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.1.4 Module 5 

2.1.5 Om die gebruik van instrumente in Westerse musiek te ondersoek 

Musiek 

Inleidend 

Kan jy enkele voorbeelde noem waarvoor musiekinstrumente gebruik word? 

Uit hierdie voorbeelde kan jy afiei dat die primere doel van musiekinstrumente is om klank te produseer 
en musiek te maak! 

Onthou jy nog die ghommatrom? 

Wat is die doel, funksie en rol van die ghommatrom?* 

Maar hoe word die trom in ander musiekkulture gebruik? 

Die funksie en rol van instrumente varieer van tydstip tot tydstip, area tot area en kultuur tot kultuur. 
Ons gaan in hierdie module ondersoek instel na die doel, funksie en rol van instrumente (spesifiek ook die 
trom) in: 

1. Westerse musiek ( klassieke musiek) 

2. Tradisionele musiek (Indiese musiek) 

3. Inheemse musiek (Afrika-musiek) 

2.1.5.1 Aktiwiteit 1: 

2.1.5.2 Om die gebruik van instrumente in Westerse musiek te ondersoek 

2.1.5.3 [LU 4.3] 

Stap 1 

Die opvoeder sal 'n kort gedeelte van SYMPHONIE FANTASTIQUE (1829) DEEL IV van Hector Berlioz 
aan jou voorspeel. 

Omkring die korrekte moontlikhede: 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24506/l.l/>. 

21 



22 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



• Watter tipe orkes is dit? 


Rock 


Jazz 


Simfonie 


Pop 


• Watter tipe instrumente kan jy onderskei? 


Strykers 


Houtblasers 


Koperblasers 


Slagwerk 



Table 2.1 

Stap 2 

Die opvoeder sal agtergrond inligting gee omtrent die komposisie, sowel as die komponis. Luister goed 
en beantwoord dan die volgende vrae. 

• Wat is 'n simfonie? 

• Wat is 'n programsimfonie? 

• Waarvoor was Berlioz veral bekend? 

• Noem een tipiese kenmerk van die Romantiek. 

• Wat is die tema van hierdie simfonie? 

Stap 3 

Luister (meer as een maal!) na kort gedeeltes uit die onderskeie dele van die simfonie en beantwoord die 
vrae. Julie kan ook in groepies werk 
Deel ii 

• Watter geleentheid word beskryf deur die musiek? 

• Hoe weet jy dit? 

• Watter instrumentegroep vorm die basis van die orkes? 

• Watter instrument verleen 'n "feeagtige" gevoel? 
Deel iil 

• Watter toneel word hier uitgebeeld? 

• Uit watter instrumentegroep sou jy kies om die skaapwagters se fluite uit te beeld? 



• Watter instrumente gebruik die komponis? 



23 

• Wat is die belangrikste funksie van die houtblasers? 

• Watter rol/le neem die strykers aan? 
Deel iV 

• Watter instrument /instrumentegroep is hier veral pertinent? 

• Hoe ervaar jy hierdie musiek? Gee byvoeglike naamwoorde om dit te beskryf. 

• Waarvoor is koperblasers aanvanklik (nog voor die simfonie-orkes) gebruik? 

• Waarom? 

• Beskryf die funksie van die koperblasers. 

• Beskryf die funksie van die slagwerkinstrumente. 

2.1.5.4 Aktiwiteit 2: 

2.1.5.5 Om die gebruik van instrumente in tradisionele musiek te ondersoek: Indiese musiek 

2.1.5.6 [LU 4.3] 

Stap 1 

Luister na die musiek en beantwoord die volgende vrae: 

• Is die musiek bekend aan jou? 

• Waaraan laat die musiek jou dink of waar dink jy sal jy hierdie tipe musiek hoor? 

• Hoeveel instrumente hoor jy? 

• Beskryf in jou eie woorde wat jy dink die funksie van elke instrument is. 

• Kan jy enige patrone hoor m.b.t. melodie, ritme en vorm? 

• Dink jy die melodie is spesifiek so gekomponeer (m.a.w. alles noot vir noot neergeskryf ) of is daar baie 
improvisasie? 

Stap 2 

Tuiswerk/navorsing 

Versamel prente en artikels wat verband hou met die Indiese tradisies (klere, kos, instrumente, materiaal, 
kuns, maskers ens.) en plak dit in jou leerderjoernaal. As jy video opnames kan maak van programme op 
televisie kan jy dit gerus aan die res van die klas voorspeel. 

Stap 3 

Agtergrond 



24 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

• In Indie word die term SANGITA gebruik vir musiek, sowel as vir dans en drama. 

• Indiese musiek is een van die oudste musiek vorme en dateer sowat 3 000 jaar terug. 

• Baie mense van Indie het gereis en hulself gevestig in ander dele van die wereld - so ook Suid-Afrika. 

• Saam met hulle het hulle die Indiese musiekkultuur gebring. 

• Hierdie musiekkultuur bestaan o.a. uit klassieke musiek, geestelike musiek (Hindu), volksmusiek, tra- 
disionele musiek, populere musiek . 

• Die belangrikste instrument in Indiese musiek is basies die stem. 



• 



• 



Die musiek word dit hoofsaaklik mondeling (soos musiek uit Afrika) van geslag tot geslag oorgedra 

d.m.v. nabootsing. 

Tiperend aan hulle vokale styl is die verskeie note wat op een lettergreep gesing word. 



Die aa ■ aar ■ de is ro ■ o ■ ondl 

r f r f r ff r 



Figure 2.1 



• Daar word ook baie gebruik gemaak van versierings en improvisasie. Improvisasies word gewoonlik 
uitgevoer deur die solis en tromspeler. 

Stap 4 

Instrumente 

Hier volg die beskrywing van drie Indiese musiekinstrumente. 

• Tabla is die gewildste perkussie instrument. Dit bestaan uit 'n stel van twee tromme en word met die 
vingers en hande bespeel. 

• Die mees algemene instrument is die siter. Dit is 'n snaarinstrument met sewe snare en 'n lang nek. 
Die snare word gepluk en die instrument word dikwels vir solo-improvisasies gebruik. Dan is daar is ook 
nog 11-13 addisionele snare. Hierdie snare vibreer saam (word nie gepluk nie) om die kenmerkende 
klank van die siter voort te bring. 

• Die tambura is soortgelyk aan die vorm van die siter, maar het slegs vier snare. Die instrument se 
lang nek word vertikaal (regop) gehou wanneer dit bespeel word. 

Al die instrumente word bespeel terwyl plat op die grond gesit word. 
Identifiseer nou die instrumente volgens bostaande beskrywing. 



25 




Figure 2.2 





Figure 2.3 



26 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.4 



Stap 5 

Die samestelling van indiese musiek 

Indiese musiek bestaan basies uit drie patrone wat elk verteenwoordig word deur 'n spesifieke instrument. 
Voltooi die volgende deur die instrument en die funksie (patroon) by te voeg. 

2.1.5.7 RAGA 

Instrument: 

Funksie 

2.1.5.8 TALA 

Instrument: 

Funksie: 



2.1.5.9 DREUNBAS 

Instrument: 
Funksie: 
Stap 6 
Volg die opvoeder se instruksies om 'n komposisie in eg Indiese styl uit te voer! 

Stap 7 



2.1.5.10 TOETS JOU KENNIS VAN INDIESE MUSIEK 

Merk die blokkie met die korrekte antwoord in. (a,b of c) 

1. Wat is die Indiese woord vir musiek? 



a 


Sangira 


b 


Sangita 


c 


Musica 



Table 2.2 



1. Watter ander twee kunsvorme word ook met die term aangedui? 



a 


Dans en drama 


b 


Tatoeering en dans 


c 


Tatoeering en drama 



Table 2.3 



1. Waar is Indie gelee? 



a 


Afrika 


b 


Amerika 


c 


Asie 



Table 2.4 



1. Watter godsdienste word veral in Indie beoefen? 



a 


Hindoei'sme 


b 


Boeddhisme 


c 


Christen 



Table 2.5 



27 



1. Hoe is Indiese volksmusiek (asook die klassieke tradisie) versprei 



i 9 



a 


Bladmusiek 


b 


Films 


c 


Mondeling 



Table 2.6 



1. In watter taal is die onderskrifte in films van Indie? 



a 


Afrikaans 


b 


Frans 


c 


Engels 



Table 2.7 



1. Wat beteken improvisasie? 



28 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



a 


Om die 

melodie te 
speel net soos 
wat jy wil 


b 


Om musiek op 
te maak soos jy 
vorder 


c 


Om tyd te hou 



Table 2.8 



1. Op watter sisteem is Westerse musiek hoofsaaklik gebaseer? 



a 


Diatoniese 


b 


Pentatoniese 


c 


Tala 



Table 2.9 



1. Op watter sisteem is ons eie raga gebaseer? 



a 


Diatoniese 


b 


Pentatoniese 


c 


Tala 



Table 2.10 



1. Uit hoeveel partye bestaan Indiese musiek? 



a 


Een 


b 


Twee 


c 


Drie 



Table 2.11 



1. Wat beteken die woord "raga"? 



a 


Reendans 


b 


Kleed 


c 


Kleur 



Table 2.12 



1. Wat is 'n raga? 



a 


Die melodie 


b 


Die ritme 


c 


Die dreunbas 



Table 2.13 



1. Wanneer word ragas uitgevoer? 



a 


Soggens 


b 


Spesifieke tyd van die dag of seisoen 


c 


Tydens godsdienstige geleenthede 



Table 2.14 



1. Op watter instrument word die raga gespeel? 



a 


Sangira 


b 


Siter 


c 


Strykinstrument 



Table 2.15 



1. Hoe word hierdie instrument bespeel? 



a 


Stryk met boog 


b 


Soos 'n viool 


c 


Pluk snare 



Table 2.16 



1. Hoeveel snare het die instrument? 



a 


Elf tot dertien 


b 


Sewe 


c 


Vyf 



Table 2.17 



1. Hoe word die addisionele snare bespeel? 



a 


Pluk die snare 


b 


Met strykstok 


c 


Vibreer net saam 



Table 2.18 



1. Wat is die tala? 



a 


Die melodie 


b 


Die ritme 


c 


Die dreunbas 



Table 2.19 



1. Watter instrument speel die tala? 



a 


Siter 


b 


Tabla 


c 


Tambura 



Table 2.20 



1. Watter tipe instrument is bogenoemde? 



a 


Perkussie 


b 


Snaar 


c 


Klawerbord 



Table 2.21 



1. Waaruit bestaan hierdie instrument? 



29 



a 


'n Stel van twee tromme 


b 


Een trom 


c 


Twee stokkies 



30 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Table 2.22 



1. Watter instrument speel die dreunbas? 



a 


Siter 


b 


Tabla 


c 


Tambura 



Table 2.23 



1. Hoe verskil hierdie instrument van die siter? 



a 


Dit word gestryk 


b 


Dit het vier snare 


c 


Dit is 'n tipe trom 



Table 2.24 



1. Hoe word al die bogenoemde instrumente bespeel? 



a 


Sittend op hoe stoele 


b 


Staande 


c 


Sittend plat op die vloer 



Table 2.25 



1. Wie is 'n bekende komponis van Indiese musiek? 



a 


Savi Rhanker 


b 


Berlioz 


c 


Ravi Shankar 



Table 2.26 



Totaal: 










25 



Table 2.27 

Stap 8 

Nog tradisionele musiek: Die Kaapse Klopse 

Soos Indiese musiek, is die musiek van die Kaapse Klopse ook 'n voorbeeld van tradisionele musiek in 
Suid-Afrika. 

Beskryf die ghommatrom 

Wat is die doel, funksie en rol van die ghommatrom? 

2.1.5.10.1 Aktiwiteit 3: 

2.1.5.10.2 Om die gebruik van instrumente in inheemse musiek te ondersoek: Afrika-musiek 

2.1.5.10.3 [LU 4.3] 

Die rol van musiekinstrumente in die Afrika-musiekkultuur is baie meer uitgebreid as in Westerse musiekkul- 
ture: 



Die primere funksie van musiekinstrumente is om klank te maak/skep. 



31 

• Afrika-instrumente word egter dikwels ook gebruik om spesifieke kenmerke van kulture uit te beeld - 
bv. ritueel simboliek as versierings op die instrument. 

• Musiek (instrumente) word gebruik vir mondelinge kommunikasie bv. boodskappe na ander areas; 
oorlogskrete. 

• Liggaamsperkussie en sang is net so belangrik soos gemaakte instrumente. 

Jy het in die vorige twee aktiwiteite kennis gemaak met die gebruik van die trom in Westerse klassieke musiek 
en Indiese tradisionele musiek. 

Dit is egter met Afrika waarmee die trom sinoniem mee is! 

Stap 1 

Werk in groepe en doen navorsing oor die doel, funksie en rol van die trom (of ander instrument soos 
mbira) in die algemeen, of in spesifieke kulture en sekere streke. Die opvoeder sal julle lei. 

Elke groep kry die geleentheid om hul inligting met die klas te deel. 

Stap 2 

Jy behoort nou genoeg kennis te he om Westerse, tradisioneel Indiese en inheemse Afrika-musiek met 
mekaar te vergelyk t.o.v. die volgende aspekte: 





Westerse musiek 


Indiese musiek 


Afrika- musiek 


Die term "musiek" 








Notasie 









Table 2.28 



Vokale musiek 








Funksie van die trom 








Improvisasie 








Diatoniese toonleer 









Table 2.29 

Watter afleiding kan jy maak? 

Musiek word dikwels gebruik as terapie. Vandag word Afrika-tromme ook gebruik om jeugdige misdadi- 
gers te rehabiliteer. Die speel van die soort tromme het 'n stimulerende effek wat mense help om van hulle 
frustrasies en negatiewe energie ontslae te raak. 

Enige mens voel tog goed oor homself wanneer hy iets bevredigend en sinvol gedoen het! 

2,1,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



continued on next page 



32 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en 'n verskeidenheid 
vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.3) 



• die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms 
van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik. 



Table 2.30 

2.2 Die huwelikseremonie 2 

2.2.1 KUNS EN KULTUUR 

2.2.2 Graad 7 

2.2.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.2.4 Module 6 

2.2.5 DIE HUWELIKSEREMONIE 

Drama 

In hierdie module gaan ons kyk na die ritueel, en dan meer spesifiek, die huwelikseremonie. 
LOF 

2.2.5.1 Aktiwiteit 1: 

2.2.5.2 Om voorbeelde van lofdigkuns na te vors en aan te bied 

2.2.5.3 [LU 4.2] 

Wat is lof? 

• Wat gese word tot eer of ten gunste van iemand. 

• Prysende woorde. 

• Om eer en dank aan 'n godheid te bied. 

• Om die wonderlike eienskappe van iemand, iets of 'n godheid met eerbetoon en danksegging toe te 
sing. 

Aan wie kan ons lof bring? 

• Ons God of gode 

• Ons ouers 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24508/l.l/>. 



33 



• 



Ons beste vriend 
0ns meisie of ou 
Ons opvoeder 
Ons Prinsipaal 
Ons president 
Ons land 



Die natuur 

Ons gunsteling sportspan of sportster 

'n Popster of filmster 

Kan jy dink aan nog iemand aan wie jy lof wil bring? 
Is die voordra of skryf van 'n liefdesgedig lofdigkuns? 



Jou opvoeder sal vir jou 'n kort agtergrond gee oor lofdigkuns voordat jy met die oefeninge begin. 
Indien daar iets is wat jy nie verstaan nie, moet jy asseblief jou opvoeder vra. 

2.2.5.4 oefening 1: navorsing 

Doen navorsing oor die volgende en bied dit aan jou klas: 



Die agtergrond of geskiedenis van lofdigkuns. 

Ten minste een lofdigter, sy werk en agtergrond. 

Waar en hoe lofdigkuns aangebied word. 

Tot watter mate dit Suid-Afrika vandag bei'nvloed het. 



Die aanbieding kan uit die volgende bestaan: 

• mondelinge aanbieding 

• geskrewe aanbieding 

• oudiovisuele aanbieding 

Nota: die aanbieding kan uit een of al drie van bogenoemde bestaan: 

• prente 

• navorsing 

• hulpmiddels 

• video 

• opnames (CD, band) 

• Die mondelinge en oudiovisuele aanbiedings moet nie langer as tien minute duur nie. 

o efening 2: opwarming 

Voordat jy met die volgende oefening begin, moet jy deelneem aan 'n goeie opwarmingsroetine om 
sodoende jou stem en liggaam voor te berei. 

2.2.5.5 Die Opwarming 

2.2.5.5.1 Ontspanning en Postuur 

• Staan met jou voete effens van mekaar af en sak vorentoe met jou bolyf. 

• Voel hoe jou maag ontspan, jou bors insak en jou kop op jou bors val. 

• Voel jouself regop en lank groei soos jy tien tel. 

• Jou ribbekas moet oplig vanaf jou onderlyf en jou kop moet regop op jou skouers wees. 



34 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

• Herhaal vier keer. 

• Lig jou skouers op tot by jou ore. 

• Trek 'n gesig. 

• Ontspan jou gesig vinnig, asof jy 'n masker afhaal, totdat jy al die plooie van jou voorkop af voel 
verdwyn en die spiere in jou gesig sonder spanning is. 

• Laat jou skouers sak sodat jou arms gemaklik langs jou sye hang. 

• Herhaal vier keer. 



2.2.5.5.1.1 Asemhaling 

• Plaas die agterkante van jou hande op jou lae ribbes en asem in deur jou neus en versigtig uit deur jou 
mond. 

• Herhaal agt keer. 

Nota: moet nie te veel asem inasem nie, konsentreer net op die gevoel van beweging van jou ribbekas. 

• Asem in op jou ribbes en tel versigtig tot tien terwyl jy fluister. 

• Jou gefluister met die tellings moet net so sterk wees op nege en tien as wat dit was op een. 

• Herhaal agt keer. 

Nota: maak seker dat jy nie al jou asem op een slag uitblaas nie. 

• Asem in op jou ribbes terwyl jy jou arms sywaarts oplig totdat hulle bo jou kop is. 

• Nota: dit moet voel asof jy reik na iets bo jou, sonder spanning in die skouers en keel. 

• Haal vinnig asem, soos 'n hond, en voel die beweging in jou diafragma. 

• Herhaal agt keer. 

• Asem dan stadig en egalig uit, deur gebruik te maak van die lug in jou ribbekas, soos jy jou arms laat 
sak. 

• Herhaal agt keer. 



2.2.5.5.1.2 Stem 

• Gaap op 'n AH-klank en voel hoe jou verhemelte oplig. 

• Herhaal vier keer. 

• Gaap op elkeen van die volgende vokale: OO AH EE. 

• Herhaal vier keer met elke vokaal. 

• Intoneer versigtig en maak die vokale baie lank: "Waar gaan ons?" en "Wat voel so vreemd?" 

• Herhaal elke sin vier keer en maak seker dat jou toon ryk is op elke word. 

• Hou jou lippe toe en maak vinnige m-klanke - asof jy lag. 

• Herhaal agt keer. 

• Se die m-klank, asof jy iets mooi gesien het. 

• Herhaal agt keer - harder elke keer as jy dit se. 

• Intoneer die volgende sin sagkuns, en hou die m- en n-klankc: "My ma neem naalde en maak 
mooi naaldwerk." 



2.2.5.5.1.3 

2.2.5.5.1.4 Artikulasie 

• Se die volgende vier keer. 

• Begin stadig en vermeerder jou spoed. 



35 

• Praat saggies maar vorm elke konsonant duidelik: 

Al vuriger vlammend in steig'rende vaart, kou-kou 
die perde hul stange, plukvoel aan die stywe teuels, 
buk laag en proes dat spierwit vlokke skuim 
Phaeton en ander gedigte, deur Eitemal 
o efening 3: lofdigkuns 

• Jou opvoeder sal die klas opdeel in groepe van 4-6 leerders per groep. 

• Berei 'n lofgedig voor om op te voer. 

• Jy hoef nie die gedig uit jou kop te leer nie, maar dit sal in jou guns tel as jy wel die gedig leer. 

• Vir die doel van hierdie oefening kan julle die gedigte wat ingesluit is voorberei, of 'n ander gedig van 
julle keuse opvoer, of self 'n lofgedig skryf. 

• Julle kan beweging, kostuums, rekwisiete, samespraak, ens. Gebruik. 

Eerste imbongi wat opgetree het op 10 Mei 1994 - S'thembile Mlangeni (fragmente) 
legendaries is hy - luislang met vele koppe 
hy van die huis van Thambeka 
van die huis van Nomathokazi 
legendaries is hy - luislang met vele koppe 
van die huis van Baliwe 
van die huis van Notyatyu-u-u 
hier staan hy dan nou voor ons 
Rolihlala - getrokke tak van lank gelede 
die sleepsel van jou blare le tussen baie nasies 
die sleepsel le ook in Zambie 
dit is daarom dan 

dit is daarom dan dat Kaunda toe sy sleepsel sien 
gehuil het 

Die tweede imbongi wat opgetree het op 10 Mei 1994 - deur Zolani Mkiva (fragmente) 
die naelstring ruk stukkend 
die naelstring ruk stukkend 
die naelstring ruk stukkend 

ook die ankers van haat en onderdrukking ruk stukkend 
die ankers van haat en wantroue ruk stukkend 
die binnegoed van die herkouers 
en die hope verrottende vullis word weggesleur 
was julle harte, mense van Mhlabuhlangene 
want die groot dag is hier 

die leier van waarheid word deur tradisie geplaas 
om 'n verenigde volk te lei 
ek praat van Mandela, die groot een, 
wat weet hoe om 'n gemeenskap heel te maak 
hy wat se: wat verby is, is verby 

die proses het begin by koning Bambatha en sy voorvaders 
koning Bambatha neem die leisels oor 
en oorhandig dit aan Langalibalele Dube 
Dube handig dit aan hoofman Luthuli 
Albert Luthuli, hy wat noot stilgebly het nie 
Luthuli oorhandig die leisels aan Oliver Reginald Tambo 
Tambo - die slang wat diegene pik wat horn pla 
vandag stap ons, saam met Mandela, ons beskore land binne 



36 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

die magtige een wat baie oseane oorgesteek het 

hulle se jy toets die water met 'n lang stok 

maar Mandela toets dit met sy skeenbeen 

hy nooi selfs die aasvoels uit om horn te eet 

'n perd wat die nuwe Suid-Afrika stokalleen binnestap 

vandag se cms dat cms vry is 

die balke van rassisme en die stutpaal van parasitisme is verby 

die dae van baasskap is oor 

apartheid is dood en begrawe 

geen spook nie, geen zombi nie 

ons het onderdrukking begrawe 

geen spook is meer oor nie 

uiteindelik is ons vry! 

Nota: Verse aangehaal uit Met Woorde soos met Kerse deur Antjie Krog (Kwela Boeke 2002) 

Wenke vir voordrag van poesie 

• Verstaan die gedig. 

• Skilder 'n prentjie met die woorde. 

• Hoorbaarheid is van uiterste belang. 

• "Dis nie wat jy sg nie, maar hoe jy dit se\" 

• Inkorporeer 'n verskeidenheid van toonhoogtes. 

• Inkorporeer veranderinge in spoed en ritme. 

• Ontspan. 

• Artikuleer - d.m.v. jou lippe, tong en tande. 

• Inkorporeer aksent - die variasie van die volume binne 'n woord van meer as een lettergreep, bv. 
maklik, moeilik, onmoontlik, kontak. 

• Inkorporeer klem - om frases vrylik te laat beweeg en om addisionele betekenis te gee. 

• Inkorporeer pouses - die lengte en die hoeveelheid pouses wat gebruik word bepaal die spoed van 
lewering - pouses verseker dat die woorde duidelik en herkenbaar is en dit verhoog die emosionele 
impak. 

• Inkorporeer infleksies - stygende en dalende infleksies. 

• Wees versigtig om nie stygende infleksies aan die einde van die reels te maak nie. 



2,2,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en 'n verskeidenheid 
vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



continued on next page 



37 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.3) 



• die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms 
van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik. 



DRAMA (4.2) 



'n voorbeeld van inheemse opvoerings soos lofdigte of volksverhale kan navors en aanbied. 



DANS (4.1) 



• die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, klassieke en inheemse danse beskikbaar 
in Suid-Afrika en wat nasionale erfenis reflekteer, kan ondersoek en aanbied; 



VISUELE KUNS (4.4) 



• die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole, standbeelde, gedenkplekke, 
liggaamsversiering, kunswerke, drag en argitektuur kan ondersoek en aanbied. 



Table 2.31 

2.3 Om die danse van verskillende kultuurgroepe in SA te waardeer 3 

2.3.1 KUNS EN KULTUUR 

2.3.2 Graad 7 

2.3.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.3.4 Module 7 

2.3.5 Om die danse van verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika te kan 
waardeer 

Dans 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24516/l.l/>. 



38 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

• Dans is opwindend. Dans beeld aspekte van die lewe en van menslike emosie uit. Soos met enige 
kunsvorm, moet die ware doel van dans die uitdrukking van menslike gevoelens wees. Dans is die 
uitdrukking van aksie. Dit moet spesiaal, ritmies en duidelik gedoen word, 'n Dans moet betekenis en 
krag weergee. 

• In hierdie module ondersoek en ontdek ons die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, 
klassieke en inheemse danse in Suid-Afrika wat ons nasionale erfenis weerspieel. 

2.3.6 Aktiwiteit 1: 

2.3.7 Om die danse van verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika te kan 
waardeer 

2.3.8 [LU 4.1] 

Omdat Suid-Afrika 'n multi-kulturele land is, het ons 'n wye verskeidenheid van danssoorte om te waardeer 
en te ervaar. 

[U+F034] Tradisioneel Afrika: Zulu-oorlogsdanse, "Gumboot"-danse, ens. 

[U+F034] Klassiek- Westers: Ballet 

[U+F034] Modern- Westers: Modernedanse, klopdanse ("Tap"), disko, Hip Hop, jazz 

[U+F034] Oosters: Indies, Japannees ens. 

[U+F034] Europees: Spaanse danse, Hongaarse danse, Griekse danse, ens. 

Oefening 

Kies 'n danssoort uit ons multi-kulturele gemeenskap en ondersoek die volgende elemente tiperend van 
jou keuse: 

[U+F034] bewegingsbeginsels 

[U+F034] stilistiese gedefmieerde danstegnieke 

[U+F034] algemene struktuur 

[U+F034] styl 

[U+F034] visuele hulpmiddels: prente, foto's, video's, ens. 

[U+F034] musikale hulpmiddels: instrumente, CD's, kassette, ens. 

[U+F034] toneelmatige hulpmiddels: kostuums, rekwisiete, ens. 

Aanbieding 

Bied jou dans aan die klas nadat jy navorsing gedoen het oor al die aspekte beskikbaar van die dans en 
stel jou klasmaats bloot aan 'n opwindende nuwe ondervinding. 

• Hoe meer visuele hulpmiddels en inligting jy in jou aanbieding kan gebruik, hoe meer sal jou klasmaats 
die dimensies van jou dans kan ervaar. 



2.3.9 Aktiwiteit 2: 

2.3.10 Om vir dansaktiwiteite op te warm 

2.3.11 [LU 4.1] 

• Voordat jy kan begin om jou dans te skep, moet jou liggaam deeglik opgewarm word om beserings te 
voorkom en ook om jou voor te berei op die aktiwiteit wat gaan volg. 

• Hierdie opwarmingsoefening kan op maat van musiek gedoen word. Kies musiek wat nie te vinnig is 
nie en waarop jy gemaklik kan beweeg. 

[U+F034] Asemhalingsoefening 

[U+F036] Staan met jou voete heupwydte van mekaar af, arms langs jou sye. 
[U+F036] Asem in deur jou neus - lig jou arms op. 



39 

[U+F036] Asem uit deur jou mond - laat sak jou arms en buig jou kniee terselfdertyd. 

[U+F036] Herhaal vier keer. 

[U+F034] Nekopwarming 

[U+F036] Staan met jou voete heupwydte van mekaar af - arms langs jou sye. 

[U+F036] Laat sak jou kop vorentoe en af en lig (herhaal agt keer). 

[U+F036] Draai jou kop van kant tot kant (regs na links) (herhaal agt keer). 

[U+F036] Draai jou kop van regs na links in 'n semi-sirkel (herhaal agt keer). 

Skoueropwarming 

[U+F036] Lig jou regterskouer op en af. 

[U+F036] Lig jou linkerskouer op en af. 

[U+F036] Lig en sak jou skouers alternatiewelik (herhaal agt keer). 

[U+F036] Draai jou regterskouer na agter. 

[U+F036] Draai jou linkerskouer na agter. 

[U+F036] Draai albei skouers na agter (herhaal agt keer). 

[U+F036] Draai jou regterskouer vorentoe. 

[U+F036] Draai jou linkerskouer vorentoe. 

[U+F036] Draai albei skouers vorentoe (herhaal agt keer). 

[U+F034] Armopwarming 

[U+F036] Lig albei arms vertikaal reguit op na die kante en laat sak (herhaal agt keer). 

[U+F036] Lig albei arms vertikaal reguit skouerhoogte op, dan reguit op bo jou kop, terug na skouerhoogte 
en laat sak jou arms langs jou sye (herhaal agt keer). 

[U+F034] Bolyfopwarming 

[U+F036] Staan met jou voete heupwydte van mekaar af - kniee effens gebuig - hande op heupe - hou 
heupe na voor - draai bolyf na regs - terug na middel - draai bolyf na links - terug na middel (herhaal agt 
keer) . 

[U+F034] Beenopwarming 

[U+F036] Kyk na voor en tree na regs - voete en liggaam wys nog steeds na voor - tree na links (herhaal 
agt keer). 

[U+F036] Tree na regs - tel linkerbeen op - buig knie terug - lig voet na boud. 

[U+F036] Tree na links - tel regterbeen op - buig knie terug - lig voet na boud. 

[U+F036] Herhaal agt keer. 

[U+F036] Tree regs - kyk vorentoe - lig linkerknie vorentoe op en sak. 

[U+F036] Tree links - lig regterknie vorentoe op en sak. 

[U+F036] Herhaal agt keer. 

[U+F036] Hou voete van mekaar af - strek ("lunge") van kant tot kant - hou voete stewig op die vloer - 
hande op heupe (herhaal agt keer). 

[U+F036] Strek na regs en hou strek vir agt tellings. 

[U+F036] Strek na links en hou strek vir agt tellings. 

[U+F036] Staan met voete heupwydte van mekaar af - kniee gebuig - hande op heupe. 

[U+F036] Lig tone alternatiewelik - hou hakke op die vloer (herhaal agt keer). 

[U+F036] Lig hakke alternatiewelik (herhaal agt keer). 

[U+F036] Loop op die plek vir sestien tellings. 

2.3.12 Aktiwiteit 3: 

2.3.13 Om DIE INDIESE DANS te kan waardeer en uitvoer 

2.3.14 [LU 4.1] 

Vors 'n Indiese dans na deur prente en inligting oor die dansstyl bymekaar te maak. Indien moontlik kan jy 
na 'n Indiese video kyk. Gebruik hierdie inligting om uiteindelik jou dans te choreografeer. 



40 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 

• Neem kermis van die arm-, kop-, liggaam- en beenbewegings. 

Die skep van jou Indiese Dans 

[U+F034] Eksperimenteer met die verskillende armbewegings wat jy teegekom het gedurende jou navors- 
ing oor die Indiese dans 

[U+F034] Eksperimenteer met verskillende handbewegings 

[U+F034] Eksperimenteer met verskillende heupbewegings 

[U+F034] Eksperimenteer met verskillende rugbewegings 

[U+F034] Eksperimenteer met verskillende skouerbewegings 

[U+F034] Eksperimenteer met verskillende beenbewegings 

[U+F034] Kies arm-, hand-, heup-, rug-, skouer-, en beenbewegings 

[U+F034] Kombineer jou gekose bewegings 

[U+F034] Kies Indiese musiek en voeg die bewegings by die musiek 

[U+F034] Skep jou eie spesiale Indiese dans 

2.3.15 Aktiwiteit 4: 

2.3.16 Om na afloop van dansaktiwiteite korrek af te koel en te strek 

2.3.17 [LU 4.1] 

• Dit is belangrik om die spiere wat gebruik is gedurende die oefening, te strek, anders sal jy "stywe" 
spiere ervaar. 

Kies musiek met 'n stadige tempo. 

[U+F034] Asemhalingsoefening 

[U+F036] Staan met jou bene heupwydte van mekaar af - arms langs jou sye. 

[U+F036] Asem in deur jou neus - lig jou arms bo jou kop. 

[U+F036] Asem uit deur jou mond - laat sak jou arms en buig jou kniee terselfdertyd. 

[U+F034] Nekstrek 

[U+F036] Lig jou regterarm reguit op, sit jou arm oor jou kop - raak die linkerkant van jou kop. 

[U+F036] Trek jou kop stadig na die regterkant met jou regterhand - laat sak jou linkerskouer. 

[U+F036] Herhaal aan die linkerkant. 

[U+F034] Armstrek 

[U+F036] Neem die regterarm oor jou bors en met die linkerhand trek jou arm stadig na jou bolyf. 

[U+F036] Herhaal met die linkerarm. 

[U+F034] Borsstrek: beweeg jou arms reguit agtertoe en vat jou hande vas agter jou rug - maak jou 
borskas oop - trek jou arms weg van jou lyf. 

[U+F034] Rugstrek: beweeg jou arms reguit vorentoe - vat jou hande saam - maak jou skouerbaaie 
oop - trek jou maag in - buig jou bolyf effens vorentoe - hou jou kniee gebuig - trek jou arms weg van jou 
lyf - laat sak jou kop. 

[U+F034] Hampees- en kuitstrek: sit een voet voor die ander - maak die knie van die voorste been 
reguit - buig die ander been effens - lig die tone van die voorste reguit been - hou jou hak op die vloer - buig 
jou bolyf stadig vorentoe - hou jou rug reguit - sit jou hande op jou kniee - hou die strek vir agt tellings. 

[U+F034] Ruil bene om. 

[U+F034] Bobeenstrek: staan regop - voete heupwydte van mekaar af - lig een been agtertoe en buig 
jou knie (hak na boud) - hou ondersteunende been effens gebuig - hou en trek die voet na jou boud met jou 
hand - lig en maak ander arm reguit vir balans - hou strek vir agt tellings. 

[U+F034] Ruil bene om. 

• skud alle beweegbare liggaamsdele uit 

• herhaal asemhalingsoefening 



41 
2,3.18 Assessering 



42 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en 'n verskeidenheid 
vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.3) 



• die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms 
van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik. 



DRAMA (4.2) 



• 'n voorbeeld van inheemse opvoerings soos lofdigte of volksverhale kan navors en aanbied. 



DANS (4.1) 



• die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, klassieke en inheemse danse beskikbaar 
in Suid-Afrika en wat nasionale erfenis reflekteer, kan ondersoek en aanbied; 



VISUELE KUNS (4.4) 



• die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole, standbeelde, gedenkplekke, 
liggaamsversiering, kunswerke, drag en argitektuur kan ondersoek en aanbied. 



Table 2.32 



43 

2.4 Om die oorsprong van liggaamsversiering te bespreek en 
waardeer 4 

2.4.1 KUNS EN KULTUUR 

2.4.2 Graad 7 

2.4.3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 

2.4.4 Module 8 

2.4.5 Om die oorsprong, doel en rol van LIGGAAMSVERSIERING te kan be- 
spreek en waardeer 

Visuele Kuns 

2.4.6 Aktiwiteit 1: 

2.4.7 Om die oorsprong, doel en rol van LIGGAAMSVERSIERING te kan be- 
spreek en waardeer (individueel of groepwerk) 

2.4.8 [LU 4.4] 

Kyk na bogenoemde aanhaling en se wat die volgende twee woorde vir jou beteken: 

• Persoonlike: 

• Versiering: 

Bespreek dan die betekenis wanneer die twee woorde saamgevoeg word en kry EEN definisie. 
Voltooi die volgende tabel op jou eie: 



Noem die dele van die liggaam 
wat versier kan word. 


Hoe en waarmee kan ons daardie 
liggaamsdele versier? 


Wat is jou gevolgtrekking oor 
persoonlike versiering? 















Table 2.33 

Juffrou of Meneer gaan nou na julle antwoorde luister en dit dan diagrammaties voorstel: 
Voorbeeld: 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24513/l.l/>. 



44 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.5 



Julie gaan in groepe werk om 'n collage te maak. Kies eers watter liggaamsdeel julle as groep gaan 
versier, byvoorbeeld die oe, ore, gesig, hare, nek, hande, torso/bolyf, ensovoorts. 
Voltooi dan die tabel: 



Gesig 


Hare 


Ore 


Kop 










Voete/bene 


Oe 


Bolyf(torso) 


Hande/vingers 











Table 2.34 



Gebruik ou tydskrifte en soek voorbeelde van beide liggaamsversiering en geen of nie- 
liggaamsversiering. Skeur dit uit en plak die prentjies in collage- vorm op die ongedrukte koerantpapier. 
Plak die voorbeelde van liggaamsversiering aan die linkerkant van die vel papier en die voorbeelde van geen 
of nie-liggaamsversiering aan die regterkant. So kan julle byvoorbeeld 'n persoon met 'n hoed links plak en 
'n persoon sonder 'n hoed aan die regterkant. Sit al die collages teen die klaskamer se mure op. 

Skryf neer watter helfte julle verkies en hoekom. 

Deur na die verskillende collages op die mure en veral die illustrasies in julle leerdermodules te kyk, moet 
julle die volgende vrae op julle eie beantwoord: 



45 



1. Wat is skoonheid? 

2. Beteken skoonheid dieselfde vir almal? 

3. Bestaan daar verskillende tipes skoonheid? 

4. Noem 'n paar voorbeelde van die veranderinge wat mense deurgaan om skoonheid te verkry. 

Bespreek vervolgens die illustrasies op die volgende bladsye soos volg: 

1. Hoe het die persone in die illustrasies hulself versier? 

2. Wat was die doel van die versiering? 

3. Hoe vergelyk hierdie gewoontes van versiering met julle eie kulturele sienings van skoonheid? 

4. Is daar enige ooreenkomste en/of verskille? 




Figure 2.6 



46 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 




Figure 2.7 




Figure 2.8 



47 




Figure 2.9 




Figure 2.10 



Agtergrondinligting 



LIGGAAMSVERSIERING behels onder andere die verf van die liggaam, tatoeering, die maak van 
gaatjies ('piercing') en dekoratiewe insnyding of inbranding op die vel ('scarification'). Die ontstaan 
van liggaamsversiering was vir rituele, vir estetiese of medisinale doeleindes, asook magiese of gods- 
dienstige byeenkomste. Prehistoriese begrawings, rotsskilderye en -kerfwerk getuig daarvan dat lig- 
gaamsversiering reeds in antieke tye bestaan het. Maar dit word vandag nog steeds beoefen. In sekere 
etniese stamme word dit gedoen om godsdienstige redes of as verbond met 'n spesifieke god, maar dit 
kan ook dien as beskerming teen die bose magte, byvoorbeeld siektes. Deur merke op die liggaam aan 
te bring, dui ook op identifisering met 'n sekere groep, soos 'n stam, of as bewys van persoonlike rang 
of status binne 'n groep. 

Voorbeelde van liggaamsverf is die rooi oker wat in prehistoriese uitgrawings gekry is, kohl wat in 
Asie gebruik word om die skoonheid van die oe te beklemtoon, die gebruik van henna op die vingernaels 



48 



CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



in die Midde-Ooste en die oorlogverf van sommige Amerikaanse en Afrika-stamme. Mehndi, henna lig- 
gaamsversiering en -kuns, het een van die gewildste vorms van tydelike liggaamskuns geword. Mehndi, 
die antieke Indiese kuns van henna-ontwerp, is deesdae 'n gewilde bykomstigheid in die modewereld. 
Madonna het dit beroemd gemaak in haar 'Ray of Light'-video en toe weer by die 1998 MTV Video 
Awards-seremonie met ontwerpe op haar gesig en hande. Liv Tyler het dit op die voorblad van Vanity 
Fair vertoon en Naomi Campbell op die mode-loopplank. 





Figure 2.11 



Henna-aanwending is 'n tradisionele manier in die Midde-Ooste en Indiese subkontinent om skoonheid 
te verhoog. Henna is 'n natuurlike rooibruin kleursel wat tot 'n pasta gemaak en op hande en voete 
geverf word om pragtige patrone en ontwerpe te skep. 

Die gebruik van henna het in Egipte en die Midde-Ooste ontstaan gedurende antieke tye, nog voor die 
verspreiding van Islam. Dit is 'n kulturele aktiwiteit en het nie 'n godsdienstige funksie nie. Dit het 
in ongeveer gedurende die 12de eeu na Indie versprei en is tradisioneel gebruik om 'n bruid voor haar 
troue mooi te maak. Vandag dra vroue in die Midde-Ooste en Indie dit dikwels na troues of ander 
groot feeste soos Diwale, die Hindoe Nuwejaar. Maar dikwels dra vroue henna slegs as 'n modestelling. 
Henna, 'n natuurlike rooi poeier, kan in kruideniersware-winkels, wat in Midde-Oosterse en Indiese 
kosse spesialiseer, gevind word. Die poeier word dan met tee, suurlemoensap of olies gemeng om 'n 
pasta te maak. Wanneer dit aangewend word op die vel, vlek dit die boonste lae en hou vir ongeveer 
vier weke. Dit kan met 'n verfkwas, tandestokkies of oorpluisies aangewend word. Wanneer die henna 
eers droog is, kan dit afgetrek word. 

Vandag is liggaamsverf steeds in gebruik onder vele stamme gedurende rituele en seremonies. In meer 
'beskaafde' vorm sien ons dit daagliks in die vorm van grimering. 

Tatoeering is 'n verdere uitbreiding van liggaamsverf en is, in teenstelling met liggaamsverf, perma- 
nent. Die woord is afgelei van die Tahitiese woord tatau wat beteken 'om te merk'. Voorbeelde is 
al so vroeg as 2000 v.C. op Egiptiese en Nubiese mummies gevind. Daar word gereeld na tatoeering 
verwys deur klassieke skrywers, veral in verband met die ou Griekse en Romeinse tydperke. Gedurende 
laasgenoemde tydperk is slawe en misdadigers deur die Romeine getatoeeer, maar met die aanvang van 
die Christelike geloof is tatoeering verbied in Europa. In die Midde-Ooste en ander dele van die wereld 
het dit egter bly voortbestaan. 

Tatoeering is 'n wereldwye verskynsel - vanaf Indiaanstamme in Amerika, die Eskimo's, Polynisiers 
en Maleisiers, die Maori's in Nieu-Zeeland en die Japannese tot in Afrika. Verskillende tegnieke is 



49 

aangewend deur die onderskeie groepe, soos byvoorbeeld eenvoudige prikmerke by die Indiane en 
Eskimo's tot messnye met kleurpigmente by die Ibo-stam in Nigerie (kyk na die popsanger Seal as 
voorbeeld). 

Tatoeering is herontdek gedurende ontdekkingsreise en so het tatoeeer-salonne ontstaan waarheen Eu- 
ropese en Amerikaanse matrose vir spesiale ontwerpe gegaan het. Die eerste elektriese implement vir 
tatoeering is in 1891 in Amerika gepatenteer. Gedurende die 19de eeu is vrygelate Amerikaanse mis- 
dadigers en Britse weermagdrosters gei'dentifiseer deur tatoeering en later is gevangenes in Siberiese 
tronke en in Nazi konsentrasiekampe op dieselfde wyse gemerk. In die 20ste eeu identifiseer straat- 
bendes en motorfietsbendes hulself deur middel van tatoeering. Daar was 'n kortstondige modegier 
laat gedurende die 19de eeu onder die Engelse hoelui om hulle te laat tatoeeer. Sedert die 1990's het 
hernude belangstelling in tatoeering ontstaan en tot vandag nog is dit 'n besonder gewilde manier van 
liggaamsversiering in baie kulture. In sommige lande is tatoeering egter verbied nadat bevind is dat 
ontdekking van die MIV -VIGS verspreiding geskied deur onder andere besmette naalde. Voorheen is 
die Israeliete in die Ou Testament teen tatoeering gewaarsku. Mohammed het dit verbied en in 787nC. 
het die Rooms-Katolieke Kerk dit verdoem. 

Onder die tieners van vandag is liggaamsverwe of aanplaktatoeering baie gewilder as gevolg van die 
tydelikheid en veranderlikheid daar van. 

Tatoeering is baie skaars onder die donkerkleurige mense van sub-Sahara- Afrika en Australie, waar per- 
manente liggaamskuns neig na dekoratiewe insnyding of inbranding op die vel ('scarification'). 
Dis baie dieselfde as tatoeering aangesien kleursel ook dikwels gebruik word. Wanneer kleursel gebruik 
word in die proses, lyk dit asof die persoon 'n opgehewe tatoeering het aangesien dit 'n opgehewe 
patroon op die vel laat. Dit is 'n lang en baie pynlike proses wat Afrika-meisies deurgaan wanneer hulle 
puberteit bereik. Met puberteit is die meisie gereed om te trou en hierdie patrone is veronderstel om 
haar aantrekliker vir die mans te maak. Die mans vind die patrone pragtig om na te kyk en daaraan 
te voel. Die patrone getuig boonop daarvan dat die vrou die pyn van kindergeboorte sal kan hanteer. 
Hierdie tipe liggaamsversiering was gedurende antieke tye gebruik om slawe letterlik as eiendom te 
brandmerk. Tot laat in die 19de eeu is die gebruik ook in Europa aangewend om misdadigers uit te 
ken. 

Behalwe vir magiese doeleindes of rituele gebruik, is hierdie kunsvorm ook aangewend vir die klaar- 
blyklike helende magte wat dit besit. Verskeie vorms kom in Afrika voor, onder andere die rek van 
lippe en oorlelle, die slyp van tande en die platmaak van kopbene. 

In sommige Afrika-kulture dien liggaamsversiering, tesame met musiek, as 'n manier van nie-verbale 
kommunikasie. So kan 'n vrou van Wes-Afrika byvoorbeeld boodskappe aan haar man, familie en 
vriende oordra deur die spesifieke doek, juweliersware of haarstyl wat sy dra. 



2.4.9 Aktiwiteit 2: 

2.4.10 Om self LIGGAAMSVERSIERING te ontwerp (individueel) 

2.4.11 [LU 4.4] 

Gedurende hierdie aktiwiteit kry julle die geleentheid om self kreatief te wees. Nadat jy besluit het watter 
liggaamsdeel jy 'n versiering wil ontwerp, moet jy besluit of die ontwerp vir byvoorbeeld aanplak- tatoeering 
of henna gaan wees en tydens watter geleentheid, ritueel of seremonie dit gedra sal word. 

Die ontwerp kan eers in potlood gedoen word en daarna met ink, waarvan die kleur of kleure gekies kan 
word. 

Wees oorspronklik met jou ontwerp! 



2.4.12 Assessering 



50 CHAPTER 2. KWARTAAL 2 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 4 



UITDRUKKING EN KOMMUNKASIEDie leerder is in staat om te analiseer en 'n verskeidenheid 
vorme van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur te gebruik. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK (4.3) 



• die doel, funksie en rol van verskillende instrumente wat in inheemse, tradisionele of Westerse vorms 
van musiek in Suid-Afrika gebruik word, kan ondersoek en verduidelik. 



DRAMA (4.2) 



• 'n voorbeeld van inheemse opvoerings soos lofdigte of volksverhale kan navors en aanbied. 



DANS (4.1) 



• die doel en funksie van verskillende vorms van tradisionele, klassieke en inheemse danse beskikbaar 
in Suid-Afrika en wat nasionale erfenis reflekteer, kan ondersoek en aanbied; 



VISUELE KUNS (4.4) 



• die oorsprong, doel en rol van tekens, nasionale of tradisionele simbole, standbeelde, gedenkplekke, 
liggaamsversiering, kunswerke, drag en argitektuur kan ondersoek en aanbied. 



Table 2.35 



Chapter 3 

Kwartaal 3 



3.1 Om navorsing te doen oor tradisionele dans:Indiese Dans 1 

3.1.1 KUNS EN KULTUUR 

3.1.2 Graad 7 

3.1.3 KRITIESE EN KREATIEWE DENKE 

3.1.4 Module 9 

3.1.5 Om navorsing te doen oor 'n tradisionele dans: DIE INDIESE DANS 
Dans 

3.1.6 Aktiwiteit 1: 

3.1.7 Om navorsing te doen oor 'n tradisionele dans: DIE INDIESE DANS 

3.1.8 [LU 2.3] 

Waarneming 

• Kyk na 'n video van 'n Indiese dans. Doen navraag by jou plaaslike video-winkel oor video's in die 
"Bollywood"-genre. 

Neem kennis van die volgende aspekte terwyl jy na die video kyk: 

• • verskillende maniere waarop die danser reguit en krom danspatrone gebruik; 
elevasie, beweging, gebare, spronge, draaie; 

verandering in spoed, spanning, kontinuiteit, ritme, ruimtelike verhoudings; 
bewegings met betrekking tot die musiek; 
vertel die dans 'n storie? 
dansstruktuur: begin, middel en einde; 

• verskillende gevoelens, stemmings en emosies deur die dansers uitgedruk. 

Kyk weer na die video - of soveel keer soos wat jy dit wil sien. 
Vul dan die onderstaande vraelys in. 
1. Het jy van die dans gehou? Waarom? / Waarom nie? 

lr This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24609/l.l/>. 

51 



52 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

2. Het jy van die musiek gehou? Waarom? Waarom nie? 

3. Wat vertel die dans vir jou oor die Indiese kultuur? 

4. Beskryf die vloerpatrone van die dans. 

5. Watter bewegings het jy waargeneem? (Verwys na die vyf basiese liggaamsaktiwiteite) . 

6. Watter storie het die dans vertel? 

7. Het die dans 'n begin, middel en 'n einde gehad? Indien wel, indentifiseer die struktuur. 

8. Het die dans enige stemmings, emosies en gevoelens uitgebeeld? Wat was dit? 
Klasbespreking 

Bespreek die video, asook die punte soos uiteengesit in die vraelys. 

3.1.9 Aktiwiteit 2: 

3.1.10 Om ooreenkomste en verskille in danse te identifiseer: 'n AFRIKA-DANS 
vs. 'n INDIESE DANS 

3.1.11 [LU 2.4] 

Waarneming en Vraelys 

• Kyk na 'n video van 'n tradisionele Afrika-dans. 
Neem kennis van die volgende: 

• • beweging 

• styl 

• doel 

• kostuums 

• musiek 

• Kyk weer na die video oor die Indiese dans. 



3.1.11.1 Klasbespreking 

Bespreek die verskille tussen die twee dansstyle en kulture. 

Vergelyk die vyf basiese liggaamsbewegings tussen die twee danse en identifiseer die verskille. 



3.1.12 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 




LU 2 


REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, 
vergange, asook huidige kontekste reflekteer. 


-produkte en -style in 


continued on next page 



53 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



GESAMENTLIK (2.1 - 2.2) 



uitvind oor 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan 
die klas verslag doen; 



die wenslikheid verduidelik dat 'n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, 
galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word; 



DANS (2.3 - 2.4) 



navorsing oor 'n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video's en dit 
in die klas aanbied; 



waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die 
ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek; 



Table 3.1 

3.2 Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp 2 

3.2.1 KUNS EN KURTUUR 

3.2.2 Graad 7 

3.2.3 KRITIESE EN KREATIEWE DENKE 

3.2.4 Module 10 

3.2.5 Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp 
Visuele Kuns 

3.2.5.1 Aktiwiteit 1: 

3.2.5.2 Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp 

3.2.5.3 [LU 2.8] 

STAP 1 

Aangesien ons in die alledaagse lewe omring word met 'n verskeidenheid van kunsvoorwerpe, -beelde en 
-werke, is dit belangrik om al hierdie verskillende visuele kunsvorme te kan identifiseer. 

Voltooi eers die volgende tabel: 

Voorbeelde Vanuit My Alledaagse Lewe 



2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24611/l.l/>. 



54 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Kuns 


Kunsvlyt 


Ontwerp 


Olieskildery 


Ornament 


Huis 



































































































Table 3.2 

STAP 2 

Trek 'n sirkel om die voorbeelde in jou tabel waarvan jy weet wie dit gemaak of geskep het. Beantwoord 
dan die volgende vrae: 

1. Om hoeveel voorbeelde kon jy 'n sirkel trek? 

2. Onder watter kolom is die omsirkelde voorbeelde? 

3. Wat kan jy hieruit aflei? 
STAP 3 

Maak 'n regmarkie in jou tabel by die voorbeelde wat nuut of oorspronklik is en nie volgens 'n ou "resep" 
gemaak is nie. Beantwoord die volgende vrae: 

1. By hoeveel voorbeelde kon jy 'n regmerkie maak? 

2. Onder watter kolom of kolomme is die meeste regmerkies? 

3. Wat kan jy hieruit aflei? 
STAP 4 

Bring 'n kledingstuk van die huis af. Dit kan 'n hemp, baadjie, hoed, pet, serp, skoene, broek of enige 
ander vorm van kleding wees. As dit nie vir jou moontlik is nie, kan jy deel van jou skooluniform gebruik. 
Jy gaan nou DRIE verskillende tekeninge van die kledingstuk maak: 
- as kunswerk deur middel van 'n houtskooltekening; 




Figure 3.1 



• as kunsvlytvoorwerp deur die toevoeging van byvoorbeeld krale: 



55 




Figure 3.2 



as ontwerp vir 'n spesifieke geleentheid of doel. 




Figure 3.3 



3.2.5.4 Aktiwiteit 2: 

3.2.5.5 Om 'n kunswerk, kunsvlyt en 'n ontwerp as deel van ons erfenis te herken 

3.2.5.6 [LU 2.8] 

STAP 1 

Suid-Afrika is ryk aan erfenis op baie gebiede. Vier gebiede in Suid-Afrika is byvoorbeeld al tot wereldwye 
erfenisgebiede verklaar, naamlik Robbeneiland, die St. Lucia moerasgebied, die Sterkfonteingrotte en die 
Drakensberg-grotskilderye. 

Skryf in jou joernaal ten minste EEN voorbeeld van Suid-Afrikaanse erfenis ten opsigte van kuns, kunsv- 
lyt en ontwerp neer. 

Die onderwyser sal die klas in groepe verdeel. Elke groep moet saam besluit op EEN erfenisvoorbeeld 
van kuns, kunsvlyt en ontwerp. As 'n klas kan julle dan 'n gesamentlike lys van voorbeelde opstel. 

STAP 2 



56 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

Kies nou een voorbeeld, met ander woorde jy moet tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp besluit, om na te 
vors deur middel van 'n vraelys. Gebruik hierdie vraelys om gefokusde inligting in te samel vir die volgende 
tenia: 

3.2.5.7 Die bydrae van erfenis tot die alledaagse lewe 
Inligting kan verkry word van die volgende bronne: 

• in die plaaslike gemeenskap of by familielede; 

• in biblioteke; 

• in boeke, koerante en tydskrifte; 

• in rekenaarbronne, by voorbeeld die Internet; 

• onderhoude met relevante mense soos ouer persone, kunstenaars, ontwerpers of vlytkunstenaars in die 
gemeenskap. 

Maak seker dat jy duidelik begryp wat van jou verwag word voordat jy met die navorsing begin. 
Onthou die volgende, indien jy 'n onderhoud wil voer: 

• maak seker dat jy papier en 'n pen of potlood byderhand het; 

• maak 'n afspraak en wees betyds; 

• stel jouself bekend, maak jou tema duidelik en praat beleefd met mense wat jy dink bruikbare inligting 
kan verskaf; 

• gebruik die vraelys wat jy opgestel het. 

Ander belangrike wenke: 

• Boekstaaf jou bevindinge met tekeninge, sketse of foto's. 

• Bewaar enige uitknipsels, foto's of ander voorwerpe in 'n geskikte houer. 

• Maak 'n sinvolle en ordentlike samevatting van al jou inligting aan die einde. Dit kan gedoen word in 
die vorm van 'n plakkaat, collage, model of uitstalling van 'n kunsvoorwerp(e). 

STAP 3 

Na afloop van die navorsing kan die navorsingstake in die klas of skool uitgestal word! Jy sal waarskynlik 
vind dat ander leerders ook daaruit leer. 



3.2,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 




LU 2 


REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, 
vergange, asook huidige kontekste reflekteer. 


-produkte en -style in 


continued on next page 



57 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



GESAMENTLIK (2.1 - 2.2) 



uitvind oor 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan 
die klas verslag doen; 

die wenslikheid verduidelik dat 'n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, 
galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word; 



DANS (2.3 - 2.4) 



navorsing oor 'n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video's en dit 
in die klas aanbied; 

waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die 
ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek; 



DRAMA (2.5) 



die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale 
uitdrukking oor 'n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport); 



MUSIEK (2.6 - 2.7) 



Afrika-instrumente klassifiseer in terme van ideofone, chordofone, membranofone, aerofone en Westerse 
instumente volgens strykers, houtblasers, koperblasers en slagwerk; 

enige van die volgende tipes instrumente bespreek in terme van die vorm, materiale gebruik, tipe klank, 
hoe dit bespeel word, hoe klank voortgebring word: 

• tromme - gemaak van hout, kalbas of klei - om te wys dat verskillende membrane gemaak is van 
bees-, bok- of donkievelle; 



perkussie-instrumente - ratels ,klokke, klappers, mbira, xilofone, kalimba, likembe, lamallafone; 



• snaarinstrumente; 



continued on next page 



58 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



windinstumente - fiuite gemaak van bamboes, riete, hout, klei of bene; 



trompette gemaak van dierhorings of hout; 



klarinette van die Savanna-streek gemaak van guineakoring of sorghum-stamme; 



• flugelhorn, saksofone en kitare; 



VISUELE KUNSTE (2.i 



die bydrae van kuns, kunsvlyt en ontwerp tot die alledaagse lewe en tot die Suid-Afrikaanse erfenis ontleed 
deur inligting te versamel gedurende uitstappies, onderhoude of ander bronne. 



Table 3.3 

3.3 Om westerse instrumente te klassifiseer 3 

3.3.1 KUNS EN KURTUUR 

3.3.2 Graad 7 

3.3.3 KRITIESE EN KREATIEWE DENKE 

3.3.4 Module 11 

3.3.5 OM WESTERSE INSTRUMENTE TE KLASSIFISEER 
Musiek 

3.3.6 Aktiwiteit 1: 

3.3.7 Om Westerse instrumente te klassifiseer 

3.3.8 [LU 2.6] 

• Wat weet jy omtrent Westerse musiekinstrumente? 

STAP 1 

Verdeel in VIER groepe en bespreek dit wat gevra word voordat jy iets neerskryf - met ander woorde, 
hou 'n dinkskrum. 

STAP 2 

Watter instrumente vorm deel van die simfonieorkes? Skryf neer alles waaraan julle kan dink. 

STAP 3 

Skryf enkele kenmerke neer omtrent hierdie instrumente m.b.t. 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24525/l.l/>. 



59 



• bou 

• funksie 

• hoe klank geproduseer word. 

STAP 4 

Maak 'n lys van die instrumente met dieselfde kenmerke. 

STAP 5 

Die opvoeder sal die verskillende instrumentgroepe aan julle verduidelik. LUISTER goed! 

STAP 6 

Klassifiseer nou die instrumente wat jy neergeskryf het (ook die waarmee jy nou kennis gemaak het) in 
die vier groepe (families). Is daar enige ooreenkoms met STAP 4? 



Strykers 


Houtblasers 


Koperblasers 


Slagwerk 



Table 3.4 

STAP 7 

Elke groep doen navorsing oor een instrumentgroep as sulks (strykers, koperblasers, slaginstrumente). 
Hierdie inligting moet ook aan die res van die klas gegee word. 

STAP 8 

Elke leerder in die groep moet nou individueel navorsing tuis gaan doen oor een instrument uit die 
instrumentfamilie wat jou groep nagevors het. 

Maak gebruik van boeke, tydskrifte, sagteware soos ENCARTA en die Internet! (Elke groep kan 'n 
spesifieke familie verteenwoordig. Plak die finale produk in jou leerderjoernaal.) 

Jy moet die volgende aspekte aanraak in jou navorsing: 

• Prent van die instrument 

• Instrument se naam 

• Behorende tot watter groep? (strykinstrument, houblaasinstrument, ens.) 

• Bou van instrument; waaruit is die instrument gemaak? (hout, koper) 

• Hoe word die instrument bespeel? (staande, sittende) 

• Klassifikasie volgens hoog of laag 

• Hoe word klank geproduseer? (lugkolom, snaar, ens.) 

• Beskrywing van die klankkleur (warm, donker en laag, skril, ens.) 

• Funksie van die instrument (melodie, hoofsaaklik begeleiding) 

STAP 9 

Klassifiseer die instrumente volgens die stemindelings: sopraan, alt, tenoor en bas. 



Stempartye 


Strykinstrumente 


Houtblaas-Instrumente 


Koperblaas- 
Instrumente 


Sopraan 














continued on next page 



60 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Alt 














Tenoor 














Bas 















Table 3.5 



3.3.9 Aktiwiteit 2: 

3.3.10 Om Afrika-instrumente te klassifiseer 

3.3.11 [LU 2.6] 

• Die res van die wgreld is gaande oor die klanke van Afrika, maar wat weet jy van Afrika en die 
instrumente van Afrika? 

STAP 1 

Voltooi die volgende t.o.v. die kaart van Afrika: 

a) Dui op die kaart aan waar noord, suid, oos en wes is 

b) Die Sahara dien as skeiding tussen twee verskillende musiekkulture. Noord van die Sahara is die musiek 
gebaseer op die styl van die Midde-Ooste. Die musiek in die streek suid van die Sahara (Sub-Sahara) is 
Afrika-musiek! 

Dui op jou kaart aan waar die Sahara-woestyn is. 

c) Dui die volgende 20 lande op die kaart aan: 
(Slegs enkele lande word uit elke streek gegee) 

(i) Wes- Afrika: Mali, Nigerie, Benin, Ghana, Ivoorkus, Senegal 

(ii) Sentraal-Afrika:Tsjad, Kameroen, Kongo, Demokratiese Republiek van Kongo (Zaire), Burundi 
(iii) Oos- Afrika: Uganda, Kenia, Tanzanie, 

(iv) Suidelike-Afrika: Suid-Afrika, Namibie, Botswana, Zambie, Zimbabwe, Malawi, Mosambiek, An- 
gola. 

d) Die instrumente van Afrika word grotendeels bepaal deur die geografiese ligging van die streke van 
Afrika. Watter tipe plantegroei assosieer jy veral of hoofsaaklik met elk van die streke? 

Kies uit die volgende en kleur die streek die gevraagde kleur in: 

- Tropiese woude (groen) 

- Grasvelde en verspreide borne (pers) 

- Grasvlaktes en struike (oranje) 

e) Voltooi die volgende deur die korrekte woord te kies: 
Woorde om van te kies: 



kalbasse 


dierhorings 


Suidelike-Afrika 


plant e 


hout 


Wes- Afrika 


Oos- Afrika 


diere 


suidelike 



Table 3.6 

Aangesien die instrumente van Afrika meestal vervaardig word uit natuurlike produkte van 
en , speel die fauna en flora van die spesifieke streek 'n belangrike rol. 

In boomryke streke van sal instrumente wat van gemaak word, dus 

meer voorkom as in die grasvlaktes van die dele van Afrika waar daar baie minder 

borne is. 



61 

In waar die kulture om beeste draai, word gebruik as in- 

strumente, terwyl die Khoi-San van se kultuur berus op nomadiese versameling 

van kos. Musiek-boe, gemaak van byvoorbeeld , is dus meer algemeen. 

(i) Waarvan word die instrumente gemaak? 
(ii) Kies 'n instrument wat pas by die bron. 
(iii) Die instrumente kan meer as een maal verskyn. 



Houtstompe 




Kalbasse 




Riete 




Diervelle 




Dierhorings 




Bamboes 




Droe peule en -vrugte 





Table 3.7 

STAP 2 

Skryf nou neer al die instrumente wat jy assosieer met musiek uit Afrika. 

Skryf die kenmerke neer omtrent hierdie instrumente m.b.t. bou en hoe klank geproduseer word. 
STAP 4 

Lys die instrumente met dieselfde kenmerke. 
STAP 5 

Die opvoeder sal die verskillende instrumentgroepe aan julle verduidelik. LUISTER goed! 
STAP 6 

Klassifiseer nou die instrumente wat jy neergeskryf het (ook die waarmee jy nou kennis gemaak het) in 
die 4 groepe (families). Is daar enige ooreenkoms met STAP 4? 
Defmieer die volgende: 

• Idiofoon 

• Kordafoon 

• Membranofoon 

• Aerofoon 

Waarvolgens word die instrumente geklassifiseer? 



3.3.12 Aktiwiteit 3: 

3.3.13 Om spesifieke Afrika-instrumente te ondersoek 

3.3.14 [LU 2.6] 

• Met behulp van die vorige twee aktiwiteite het jy 'n geheelbeeld van die instrumente van beide die 
Westerse en Afrika-musiekkulture verkry. In hierdie aktiwiteit gaan ons konsentreer op enkele Afrika- 
instrumente. Doen navorsing oor een van die instrumente hier onder genoem. Doen naslaanwerk, 
gaan soek op die Internet, gebruik ENCARTA of ander sagteware, praat met ander mense, en die heel 
belangrikste, hou jou oe en ore oop en dink logies! Alle bykomende inligting kan jy in jou joernaal 
plak. 



62 



CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



a) Voltooi die volgende omtrent die MBIRA (Im BEE rah): 




Figure 3.4 



• Klassifikasie van die Mbira (motiveer) 

• Voorbeelde van idiofone 

• Voorbeelde van lamellofoneVorm en materiaal 

• Hoe die mbira gespeel word 

• Wat die klank maak 

• Tipe klank 

• Toonhoogte 

b) Voltooi die volgende omtrent die JEMBE (djem-be) 




Figure 3.5 



Klassifikasie van die jembe (motiveer) 



Voorbeelde van membranofone 



63 



• Voorbeelde van tromme 

• Vorm en materiaal 

• Hoe die jembe gespeel word 

• Wat die klank maak 

• Tipe klank 

• Toonhoogte 

c) Voltooi die volgende omtrent die UHADI (Oe HAA die): 




Figure 3.6 



• Klassifikasie van die uhadi (motiveer) 

• Voorbeelde van kordafone 

• Voorbeelde van musiekboe 

• Wat die klank maak 

• Tipe klank 

• Toonhoogte 



3.3.15 Assessering 



64 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in 
vergange, asook huidige kontekste refiekteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



GESAMENTLIK (2.1 - 2.2) 



uitvind oor 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan 
die klas verslag doen; 



die wenslikheid verduidelik dat 'n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, 
galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word; 



DANS (2.3 - 2.4) 



navorsing oor 'n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video's en dit 
in die klas aanbied; 



waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die 
ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek; 



DRAMA (2.5) 



die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale 
uitdrukking oor 'n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport); 



MUSIEK (2.6 - 2.7) 



Afrika-instrumente klassifiseer in terme van ideofone, chordofone, membranofone, aerofone en Westerse 
instumente volgens strykers, houtblasers, koperblasers en slagwerk; 



enige van die volgende tipes instrumente bespreek in terme van die vorm, materiale gebruik, tipe klank, 
hoe dit bespeel word, hoe klank voortgebring word: 



tromme - gemaak van hout, kalbas of klei - om te wys dat verskillende membrane gemaak is van 
bees-, bok- of donkievelle; 



continued on next page 



65 



perkussie-instrumente - ratels ,klokke, klappers, mbira, xilofone, kalimba, likembe, lamallafone; 



• snaarinstrumente; 



windinstumente - fiuite gemaak van bamboes, riete, hout, klei of bene; 



trompette gemaak van dierhorings of hout; 



klarinette van die Savanna-streek gemaak van guineakoring of sorghum-stamme; 



• flugelhorn, saksofone en kitare; 



Table 3.8 

3.4 Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse 
ondersoek 4 

3.4.1 KUNS EN KULTUUR 

3.4.2 Graad 7 

3.4.3 KRITIESE EN KREATIEWE DENKE 

3.4.4 Module 12 

3.4.5 die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek 

Drama 

• In hierdie eenheid gaan ons die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek. 
Moenie bekommerd wees nie! Dit is pret! 

• Jy het al een of ander tyd 'n ritueel gesien en ek is seker dat jy al by 'n sportbyeenkoms was by jou 
skool. Probeer onthou wat jy gesien en ondervind het die laaste keer toe jy by jou skool se interskole 
sportbyeenkoms was. Dit is waarna ons gaan kyk! Sien, ek het jou gese jy hoef nie bekommerd te wees 
nie! Dit gaan definitief pret wees! 



This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24527/l.l/>. 



66 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.4.5.1 Aktiwiteit 1: 

3.4.5.2 Om elemente van drama in kulturele geleenthede te identifiseer:"INTERSKOLE" 

3.4.5.3 [LU 2.3] 

Navorsing en Bespreking: 

Ondersoek rituele in jou eie lewe of kultuur en maak 'n lys. 

Laat jou opvoeder die rituele waarmee jy vorendag kom, op die bord neerskryf en bespreek elkeen kortliks. 

Voorsien die inlgting omtrent die rituele wat jy voorstel. 

Ondersoek die optogte, dreunsange, verrigtinge, ens., van die rituele. 

Ondersoek die volgende: 

• Wat is die struktuur van die ritueel? (begin, middel en einde) 

• Is daar 'n natuurlike progressie van gebeure? 

• Is daar 'n patroon van gebeure? 

• Waar is die dinamiese spanning? 

• Verval die ritueel in 'n roetine of herhaling? 

Navorsingspro j ek 

Vors 'n openingseremonie van jou keuse na, bv. die openingseremonie van die Olimpiese Spele, 'n 
boksgeveg, 'n rugbywedstryd, 'n 'rock'-konsert, die opening van die Parlement, ensovoorts. 

Isoleer die volgende dramatiese elemente: 

• optogte; 



dreunsange; 

musiek en/of begeleiding; 

spesiale effekte (bv. vuurwerkkuns, rook, beligting, klank, ens.); 

kostuums; 

choreografie; 

rolverdeling (die mense betrokke by die seremonie); 

tyd en duur van optog; 

gehoor se samewerking. 



67 



III. ■?. 5"<n.«.V 




Figure 3.7 



Indien jou klas te groot is, kan die klas in groepe opgedeel word. 
Bied 'n mondelinge en visuele verslag oor die projek aan. 
Prakties: 

Werk saam met die hele klas aan 'n openingseremonie vir die volgende interskole sportbyeenkoms 
atletiek, sokker, rugby, ensovoorts. 

Hierdie openingseremonie moet die volgende insluit, indien moontlik: 



'n tema (Afrika, Rock 'n Roll, James Bond, Disco, ens.); 

dirigente of rasieleiers; 

liedjies, musiek, dreunsange; 

begeleiding (tromme, slaginstrumente, ens.); 

'n opwindende optog op die sportveld; 

kostuums; 

rekwisiete ('streamers', rosette, fluitjies, vlaggies, baniere, ens.) 

spesiale effekte (rookmasjiene, vuurwerke, ens.). 



Beplan eers die optog en stel 'n struktuur en produksieplan vir die seremonie voor. 
Verfyn en ontwikkel hierdie pre-produksieplan met die hulp van jou opvoeder. 
Stel die openingseremonie saam deur eers die proses in die klas uit te beeld. 
Gaan na die sportveld en oefen en voer die seremonie op. 
Suid-Afrikaanse Kunstenaars en ons Kunserfenis 



68 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 

3.4.5.4 Aktiwiteit 2: 

3.4.5.5 n Navorsingstaak oor ons kunstenaars en ons kunserfenis 

3.4.5.6 [LU 2.2, 2.4] 

Die waardes, geloofsisteme en tradisies van 'n kultuur word weerspieel in die kunste en word van een generasie 
na 'n ander oorgedra. Die kunste verander gedurig as gevolg van nuwe invloede vanaf die gemeenskap en 
individuele kunstenaars. 

Voorbeelde van individue in al vier kunsvorme wat 'n belangrike invloed op die kunste in Suid-Afrika 
gehad het: 

Dans 

• David Poole - Ballet 

• Alfred Hinkel - Moderne Dans 

• Vusi Ngema - Afrika-dans 

Drama 

• Maggie Laubser / Irma Stern 

• Gerhard Sekoto / Helen Mmakgoba Sebedi 

• Penelope Siopis / William Kentridge 

Musiek 

• Roelof Temmingh / Bongani Ndodana 

• Miriam Mkeba / Abdullah Ebrahim 

• Nataniel / Koos du Plessis 

Navorsingstaak: 

Kies slegs een van die kunstenaars hierbo gelys. Doen navorsing oor die kunstenaar en sy / haar styl en 
versamel inligting oor die volgende: 

• biografie (vroee jare, opleiding, ens.); 

• impak van die gemeenskap op die kuns van daardie tyd (politiese of oorsese invloede, ens.); 

• kort beskrywing van een van die kunstenaar se werke (beskryf die motivering agter en doel van die 
werk) ; 

• beskryf hoe die kunstenaar se invloed 'n impak op die kunste in Suid-Afrika gehad het. 

Hieronder volg 'n paar riglyne om jou met die navorsing te help. 

3.4.5.7 Deel 1 

• Kyk na die verskillende faktore wat die kunste in ons kultuur bei'nvloed en affekteer. 

• Identifiseer die spesifieke styl van jou gekose kunstenaar en vergelyk dit met die ander style van daardie 
tyd, m.a.w. identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die style. 



3.4.5.8 Deel 2 

Doen navorsing oor jou gekose kunstenaar en versamel genoeg inligting om die volgende vrae te kan beant- 
woord: 

• Wie is jou kunstenaar? 

• Wanneer en watter tipe opleiding het hy / sy ontvang? 

• Wie het 'n invloed op sy / haar opleiding gehad? 



69 



• Hoe sou jy die kunstenaar se indiviuele styl beskryf? 

• Wat was die motivering agter sy / haar kreatiewe werk? 

• Hoe het hy / sy 'n impak op hulle spesifieke kunsvorm gehad? 

• Noem en gee 'n kort beskrywing van een van sy / haar kunswerke. 

Deel 3 

Organiseer die inligting in 'n kort mondelinge aanbieding (5 minute). 



3.4,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 2 



REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in 
vergange, asook huidige kontekste refiekteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



GESAMENTLIK (2.1 - 2.2) 



uitvind oor 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar van die verlede of hede, van enige kunsvorm, en daaroor aan 
die klas verslag doen; 



die wenslikheid verduidelik dat 'n land se inheemse kennissisteme, kunswerknalatenskap in musems, 
galerye, teaters, kulturele persele en natuurlike erfenispersele bewaar word; 



DANS (2.3 - 2.4) 



navorsing oor 'n tradisionele dans in die gemeenskap doen met behulp van mense, boeke of video's en dit 
in die klas aanbied; 



waarnemingsvaardighede toon deur komponente van danse gesien in Suid-Afrika te beskryf, asook die 
ooreenkomste en verskille ten opsigte van bewegingstyl, doel, gebruik van dansers, kostuums en musiek; 



DRAMA (2.5) 



die elemente van drama (bv. optogte, lofsange) herken en identifiseer in vorme van kulturele en sosiale 
uitdrukking oor 'n tydperk (bv. openingseremonies, rock-konserte, staatsaangeleenthede, sport); 



Table 3.9 



70 CHAPTER 3. KWARTAAL 3 



Chapter 4 

Kwartaal 4 



4.1 Om 'n opvoedergerigte opwarmingsroetine te volg 1 

4.2 Om die liggaam op te warm voordat aktiwiteite uitgevoer word 2 

4.2.1 KUNS EN KULTUUR 

4.2.2 Graad 7 

4.2.3 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING 

4.2.4 Module 14 

4.2.5 Om die liggaam op te warm voordat aktiwiteite uitgevoer word 
Dans 

4.2.6 Aktiwiteit 1: 

4.2.7 Om die liggaam op te warm voordat aktiwiteite uitgevoer word 

4.2.8 [LU 1.1] 

• Voordat jy met hierdie aktiwiteit kan begin, moet jy eers jou liggaam opwarm. Die opwarming ver- 
minder die kans van beserings en sal die danse makliker maak om uit te voer. Dit sal makliker en meer 
pret wees as jy die opwarming op maat van musiek doen. Kies musiek wat nie te vinnig is nie. 

Voorbereiding - staan met jou voete 'n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye. Onthou: 

• Dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word, te isoleer. 

• Korrekte liggaamslyne sal beserings verhoed. 

• Beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf. 

Asemhalingsoefening 

• Asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op. 

• Strek jou ruggraat. 

• Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat jou arms geleidelik sak. 



1 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m29614/l.l/>. 
2 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24529/l.l/>. 



71 



72 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 

• Herhaal asemhalingsoefening. 

• Staan met jou voete 'n heupwydte van mekaar af, kniee effens gebuig, arms langs jou sye. 

Systrekke 

• Lig jou regterarm stadig reguit op tot bo jou kop. 

• Buig jou bolyf na links. 

• Sirkel jou regterarm af soos jou linkerarm opsirkel. 

• Herhaal met die linkerarm en buig na regs. 

• Buig weer na links. 

• Sirkel linkerarm - strek regs in 'n V-posisie. 

• Laat sak albei arms tot 'n A posisie. 

• Herhaal vier maal. 



• hou die bewegings sterk en egalig op die maat van die musiek; 

• voer die bewegings met voile omvang van beweging uit; 

• hou jou kop in lyn met jou ruggraat te alle tye. 



Loop 



Loop agt tree vorentoe - swaai arms gemaklik langs sye. 

Plaas voete bymekaar en ontspan liggaam. 

Buig bolyf vorentoe - kniee gebuig en hou vir een telling. 

Strek op, maak rug reguit en buig agtertoe - arms in 'n A-posisie 

Hou vir een telling. 

Herhaal vorentoe- en agtertoe- buigings twee maal. 

Herhaal hele oefening vier keer. 



• die strek op en agtertoe moenie geforseerd wees nie; 

• die hele beweging moet aaneenlopend wees; 

• moenie jou heupe uitbuig nie; jy moet jou rug buig; 

• moenie jou kop en nek ontspan nie; 

• moenie jou kniee sluit nie. 

Loop- en Arm-opwarming 



Loop vorentoe vir vier tellings. 

Loop agtertoe vir vier tellings. 

Loop na regs vir vier tellings. 

Draai om en loop na links vir vier tellings. 

Herhaal vier keer. 

Herhaal loopoefening en lig arms skouerhoogte vorentoe. 

Maak vuiste en druk arms vorentoe en terug op elke maat soos jy vorentoe loop. 

Loop agtertoe en druk arms bo jou kop en terug op elke maat. 

Herhaal agt keer. 



Kombinasie 



• Herhaal eerste loopoefening en sit die tweede loopoefening by om 'n kombinasie te vorm. 

• Herhaal agt keer. 



• Jy is welkom om die armbewegings te verander. 
Dyspieropwarming 



73 

• Loop drie tree vorentoe - lei met jou regterbeen. Lig jou linkerbeen vorentoe en opwaarts op die vierde 
maat. 

• Loop na regs vir drie tree - lig jou been op die vierde telling. 

• Draai na agter - loop vir drie tellings na agter (nie agteruit nie) - lig been op die vierde telling. 

• Draai om vorentoe. (Jy is veronderstel om 'n vierkant te geloop het). 

• Lig jou bene afwisselend regs en links vir agt tellings. 

• Begin weer die oefening lei hierdie keer met jou linkerbeen. 

• Nadat jy die vierkant voltooi het, lig weer jou bene om die beurt links en regs op vir agt tellings. 

• Herhaal die hele oefening vier keer. 

Kuitopwarming 

Bly op een plek en bring jou regterbeen vorentoe - sit jou hak op die vloer - voet gestrek. 

Bring jou voet terug na die beginposisie. 

Ruil bene om en sit die regterhak op die vloer. 

Herhaal agt keer. Loop 

Loop vorentoe vir vier tellings (lei regs). 

Doen vier. 

Loop agtertoe vir vier tellings. 

Doen vier. 

Herhaal vier keer. Kombinasie 

Kombineer al die oefeninge - begin met die systrekke en eindig met die kombinasie. 

Herhaal die kombinasie vier keer. Binnebeen-opwarming 

Loop op die plek vir agt tellings. 

Maak jou bene oop en loop met oop bene op die plek vir agt tellings. 

Loop op die plek vir vier tellings. 

Loop met oop bene op die plek vir vier tellings. 

Loop vir twee tellings. 

Loop met oop bene vir twee tellings. 

Loop met toe en oop bene om die beurt vir agt tellings. Leun 

Loop met oop bene vir agt tellings - op die plek. 

Hou bene oop en leun van kant tot kant vir agt tellings. 

Hou jou bolyf regop en plaas hande op jou heupe. 

Na agt tellings hou leun na die regterkant - hou posisie vir agt tellings. 

Draai na regs met jou liggaam en plaas jou hande op die gebuigde knie - die ander been reguit agter 

jou. 

Maak jou gebuigde knie reguit - bring bolyf effens afwaarts - hou vir agt tellings. 

Buig en maak knie reguit agt keer. 

Herhaal aan die ander kant. Herstel 

Met bene oop, kyk na voor met gebuigde kniee (plie). 

Buig en maak bene reguit (agt keer). 

Loop met oop bene en gebuigde kniee (agt keer). 

Hou aan loop op die plek en bring bene na mekaar toe. 

Loop op die plek normaal agt keer. 

Jy is welkom om enige van hierdie oefeninge te kombineer soos jy wil. 

Die opwarming moet nie meer as tien minute en minder as drie minute wees nie. 



74 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



4.2.9 Aktiwiteit 2: 

4.2.10 Om te improviseer en choreografiese ontwerpkonsepte te ondersoek 

4.2.11 [LU 1.2] 

• Noudat jy opgewarm is, kan cms aktief begin om die verskillende choreografiese ontwerpkonsepte te 
ondersoek, wat jou in staat sal stel om jou eie dans te skep. Luister aandagtig na jou opvoeder wat vir 
jou kosbare inligting sal gee om mee te werk. Wees kreatief en geniet dit! 

1. Groepsbou 

Alle groepe, groot of klein, van enige dansstyl, val in twee kategoriee: 

• Simmetries: die opbou tot 'n sentrale punt; elke kant wat dieselfde is as die ander kant, om 'n 
gebalanseerde ontwerp te skep. 

• Asimmetries: enige groep wat nie 'n sentrale fokuspunt het nie, en dus nie 'n ooglopende gebal- 
anseerde ontwerp het nie. 

Jy sal in twee groepe geplaas word - een simmetries en een asimmetries. 

Plaas julleself sodat die groepe uit reguit lyne, sirkels en kurwes bestaan - geskep met julle arms en kniee 
gebuig of reguit. 

Kombineer die lyne en kurwes. 

2. Kooperatiewe groepe 

Gaan na die middel van die dansruimte. 

Neem een vir een plek in by die leerder in die middel van die dansruimte. 

Verander die oorspronklike groepsformasie deur elkeen om die beurt te beweeg. 

Verander die groepsformasie deur op dieselfde tyd te beweeg. 

Beweeg en verander aanhoudend. 

Die stemming van die musiek moet gehoorsaam word. 

3. Ruimte — Vloerplanne 

Die rigting van die vloerplan moet verander met die musiek. 

Die ontwerpe van die vloerplanne moet in verhouding wees met die lyne en vorms soos uitgevoer, bv. 

• as die dans meestal uit kurwes en vloeiende lyne bestaan, moet die vloerplan in kurwes en sirkels wees; 

• as die dans sterk bewegings en hoekige posisies bevat, moet die vloerplan bestaan uit reguit lyne, 
vierkante en driehoeke. 

Eksperimenteer met die bewegings van Oefening 2 en met rigting, vlakke (laag, middel en hoog), simmetries 
en asimmetries, terwyl julle aan die verskillende vloerplanne werk. 

Kies 'n ballade en 'n populere vinnige-tempo liedjie met 'n definitiewe 4/4 maat vir hierdie oefening. 




? 



Figure 4.1 



4. Improvisasie 

Neem die volgende aspekte in ag wanneer jy vir die volgende oefeninge voorberei: 



75 



beweeg op enige manier waarop en hoe julle wil, maar julle moet die volgende aspekte gehoorsaam: 

musiek wat by die stemming van die oefeninge pas; 

beweging (van een plek na 'n ander); 

draai (om om 'n middelpunt te draai); 

elevasie (om na 'n hoer vlak te beweeg); 

gebare (beweging van die hande, kop of liggaam om 'n idee of 'n emosie uit te beeld) ; 

gewigsverskuiwing ( om liggaamsgewig van een punt na 'n ander te skuif); 

vlakke (middel, hoog, laag); 



tempo en frasering; 

krag (toegewing en weerstand m.b.t. swaartekrag) ; 

aktiewe en passiewe beweging. 



Die Bosbrand: 



• 



Visualiseer julleself as bokkies wat gelukkig in die bos wei. 

'n Vlammetjie ('n ander leerder) spring op in een groep, dan nog een, totdat die hele bos aan die brand 

is (leerders is die vlamme), en die bang en benoude bokkies probeer ontsnap. 

Namate die vuur geleidelik uitbrand, spring die bokkies weg op soek na veiligheid. 



Die Kalm en Onstuimige See: 



• Kies om kurke, drywende planke of swemmers te wees. 

• Die see is rustig, die kurke, planke of swemmers dryf op die see. 



Die see word geleidelik rof en onstuimig, maar kan nie die kurke, planke of swemmers onderkry nie. 
As daar swemmers is, kan hulle oorleef of sink. 



4.2.12 Aktiwiteit 3: 

4.2.13 Om danssekwense te skep en aan te bied: die reg om te kies en gestremd- 
heid in dans 



4.2.14 [LU 1.3] 

1. Die reg om te kies 



• Vorm groepe van ses tot agt. 

• Kies 'n tema kies vir julle dans uit Kinderregte. 

• Improviseer 'n dans deur die volgende vereistes in ag te neem: 



• musiek om die stemming van die tema te pas; 

• die vyf basiese liggaamsaktiwiteite (verwys na Graad 6 Module 4: Dans); 

• choreografiese ontwerpkonsepte (verwys na Aktiwiteit 2.2). 



• Oefen die dans. 

• Voer die dans uit. 

2. Gestremdheid in dans 

• die klas sal opgedeel word in drie groepe: 



76 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 

• Groep A: sit op stoele (paraplee). 

• Groep B: staan (soos in groep A, maar wat wel kan staan). 

• Groep C: loop (die wat kan loop - hulle mag dalk geen arms h6 nie, of dalk net een, of hulle bene is in 
ysters, maar sommige het wel goeie beenbeweging en kan selfs hardloop en skop). 

• Plaas julleself in twee groepe, een aan elke kant van die dansarea, sodat julle kan sien wat die ander 
groep doen. 

• Groep A: elke groep sit op 'n ry stoele. 

• Groep B: staan in 'n ry agter die stoele. 

• Groep C: beweeg in 'n sirkel om die wat sit en staan. 

• Groepe A en B moet eksperimenteer met arm- en liggaamsbewegings deur die volgende in ag te neem: 

• gebare met voile omvang van beweging; 

• vlakke (hoog, middel, laag); 

• gewigsverskuiwing; 

• rigting (voor, agter, langsaan, onder); 

• simmetries en asimmetries; 

• toegee aan en weerstand teen swaartekrag; 

• aktiewe en passiewe beweging; 

• isolasie en kombinasie van liggaamsdele (arms, kop, bolyf); 

Groepe A en B kan dieselfde arm- en liggaamsbewegings uitvoer. 

Soos julle vorder, is dit baie effektief as die bewegings weerspieel word, of julle kan twee verskillende 

oefeninge terselfdertyd doen om 'n patroon te vorm. 

Groep C moet eksperimenteer met loop, voet- en beenbewegings deur die vyf basiese liggaamsak- 

tiwiteite in ag te neem. 

Die wat kan, kan selfs hardloop of spring. 

Die wat staan, kan hulle hande klap op maat van die musiek. 

Groep C moet ook eksperimenteer met vloerpatrone en groepering en moet groepe A & B in ag 

neem. 

Choreografeer die dans met musiek van julle keuse. 

Voer die dans op. 



4.2.15 Aktiwiteit 4: 

4.2.16 Om die spiere af te koel en te strek na afloop van die oefening 

4.2.17 [LU 1.4] 

• Dit is belangrik dat jy jou spiere strek na elke klas. Indien jy nie strek nie, sal jou spiere styf en seer 
voel die volgende dag. Kies stadige, rustige musiek. 

Asemhalingsoefening - staan met voete 'n heupwydte van mekaar af, arms langs die sye: 

• Asem in deur die neus terwyl jy jou arms bo jou kop lig. 

• Asem uit deur jou mond, laat sak arms en buig kniee terselfdertyd. 

• Herhaal vier keer. 

• Armstrek: neem jou regterarm oor jou bors en trek met die linkerhand die arm na jou liggaam toe - 
herhaal aan die linkerkant. 



77 



Armstrek (triceps): 

• Lig jou regterarm reguit op bokant jou kop. 

• Buig jou arm by die elmboog - arm agter jou kop. 

• Trek die regterarm stadig met jou linkerhand na links - hand op jou elmboog. 

• Voel die strek in jou triceps. 

• Hou die strek vir agt tellings. 

• Ruil arms om. 

Bolyfstrek: 



Staan met jou voete'n heupwydte van mekaar af - kniee effens gebuig - arms langs sye. 
Strek op na die dak met jou arms - strek liggaam op. 



• Staan op jou tone soos jy opstrek. 



Ontspan jou arms stadig - hou arms reguit - na die kante. 

Bring arms vorentoe - hou jou hande vas en trek arms vorentoe. 

Ontspan stadig en neem arms reguit terug. 

Hou jou hande vas en trek jou arms weg van jou lyf - leun effens vorentoe - kop af. 

Ontspan arms langs sye. 



Onderlyfstrek: 



• Maak bene oop - kniee gebuig - voete wys na buite (plie). 

• Buig kniee en laat regop bolyf afwaarts beweeg. 

• Hou strek vir agt tellings. 

• Draai liggaam na regs - hou bene oop. 

• Voorste been moet gebuig wees - knie in lyn met jou hak. 

• Agterste been moet reguit wees. 

• Druk jou hak van die reguit agterste been af na die vloer. 

• Plaas jou hande op die boonste deel van die gebuigde been. 

• Hou die kuitstrek vir agt tellings. 

• Ontspan en ruil om na die ander kant. 

• Hou die vorige posisie - buig agterste been en probeer die vloer raak met jou knie. 

• Hou die dyspierstrek vir agt tellings. 

• Ontspan en ruil bene om. 

Herstel: 

• Herstel na plieposisie. 

• Bring bene bymekaar. 

• Skud alle ledemate. 

• Buig na jou opvoeder om dankie te se vir die klas. 



4,2,18 Assessering 



78 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die 

kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



1.1 berei die liggaam met veilige danspraktyke voor en gebruik die liggaam op gesonde wyse, byvoorbeeld: 



1.1.1 opwarming en afkoeling; 



1.1.2 goeie postuurs- en gerigsoplyning; 



1.1.3 vrystelling / sagte gebruik van gewrigte; 



1.1.4 veilige landing na spronge; 



1.1.5 veilige rek-/strekbewegings; 



1.2 improviseer om choreografiese ontwerpbegrippe te verken: 



1.2.1 ruimte - rigting, vlakke, simmetrie; 



1.2.2 tyd - duur, pas, maatslag, frasering; 



1.2.3 krag - om toe te gee aan en weerstand te bied teen swaartekrag, aktiewe en passiewe beweging; 



1.3 skep en bied dansreekse aan wat, onder andere, op menseregtevraagstukke fokus en dit uitdaag, soos 
sosiale en kultrurele houdings teenoor dans en houdings teenoor geslag en liggaamlike gestremdheid in 
dans. 



Table 4.1 

4.3 Om tekens en simbole te herken 3 

4.3.1 KUNS EN KULTUUR 

4.3.2 Graad 7 

4.3.3 OM TEKENS EN SIMBOLE TE HERKEN 

4.3.4 Module 15 

4.3.5 Om tekens en simbole te herken 
Visuele Kuns 



3 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24532/l.l/>. 



79 

4.3.6 Aktiwiteit 1: 

4.3.7 Om tekens en simbole te herken 

4.3.8 [LU 1.10] 

• In die vorige Modules het jy onder andere kleur, tekstuur, liggaamsversiering, die verskil tussen 
kuns, kunsvlyt en ontwerp, asook die waarde van erfenis ondersoek. In Module 4 gaan daar veral 
na ontwerp en die gebruik van simbole gekyk word. Jy gaan ook leer oor patrone en die aanbieding en 
uitstalling van jou eie kunswerke. 

STAP 1 

Wat beteken die simbool X? 

Kyk hoeveel betekenisse van X jy in jou joernaal kan neerskryf. 

Kyk dan na die twee illustrasies hieronder en skryf neer wat hulle beteken: 





Figure 4.2 



Betekenis A: Betekenis B: 

Teken nou ten minste TWEE ander voorbeelde in jou joernaal. 
STAP 2 

Gebaretaal word gebruik wanneer iemand doof is of as gevolg van omstandighede nie kan hoor nie. Kyk 
of jy weet wat die volgende voorbeelde van gebaretaal beteken: 



80 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 





Figure 4.3 



Betekenis A: Betekenis B: 

Teken nou in jou joernaal om voorbeelde van slaap en stilbly te demonstreer. 

STAP 3 

Kyk na die padtekens en ander simbole hieronder en skryf hulle betekenisse neer: 



81 




B 






H 





Figure 4.4 



Betekenisse: 

Skryf dan 'n kort paragraaf van ongeveer vyftig woorde in jou Leerderjoernaal oor die volgende onderwerp: 
PADTEKENS - MET OF SONDER WOORDE? Se of dit beter is om slegs visuele taal in plaas van skriftelike 
taal op padtekens te gebruik of nie. Dink byvoorbeeld aan taalvoorkeure, ensovoorts. 



4.3.9 Aktiwiteit 2: 

4.3.10 Om menseregte as simbole uit te beeld 

4.3.11 [LU 1.10] 

STAP 1 

Kyk na simbole A tot D hieronder en skryf eers neer wat hulle beteken. Skryf dan wat elkeen met 
menseregte te doen het. Kyk byvoorbeeld na die onderskeie kinderregte in Leereenheid 2. 



82 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




B 




D 





Figure 4.5 



A 

Betekenis: 

Verbintenis met menseregte: 

B 

Betekenis: 

Verbintenis met menseregte: 

C 

Betekenis: 

Verbintenis met menseregte: 

D 

Betekenis: 

Verbintenis met menseregte: 

STAP 2 

In 1952 het die kunstenaar Picasso 'n ou kerkie in die Tempel van Vrede verander deur groot muurskilderye 
te maak van hoe vrede oor oorlog kan seevier. Gedurende daardie tyd het hy baie tekeninge van duiwe gemaak 
en selfs sy dogter 'Paloma' (Spaans vir 'duif ' ) vernoem. Picasso het ook 'n plakkaat met die Duif van Vrede 
vir die Internasionale Vredeskonferensie ontwerp. Kyk na die twee voorbeelde van Picasso se vredesduiwe en 
ontwerp dan jou eie vredesimbool. Onthou om die ontwerpe eenvoudig te hou en gebruik te maak van wit 
en swart kontraste - dit verleen meer trefkrag aan die simbool. 



83 




Figure 4.6 



MY EIE VREDESIMBOOL 
STAP 3 

Maak 'n reeks eenvoudige tekeninge om EEN van die volgende temas visueel deur middel van tekens 
en/of simbole te kommunikeer: 

A. Hou die omgewing skoon 

B. Gelyke regte vir almal 

A. Maak vrede 

4.3.12 Aktiwiteit 3: 

4.3.13 Om kunswerke voor te berei en aan te bied vir 'n uitstalling 

4.3.14 [LU 1.10, 1.11] 

STAP 1 

Kies DRIE van jou beste kunswerke wat jy deur die loop van die jaar gemaak het vir 'n gesamentlike 
klasuitstalling. Al drie kunswerke moet saam op EEN agtergrond aangebied word. As agtergrond kan jy 
byvoorbeeld 'n groot stuk afvalpapier of -karton gebruik. 

STAP 2 

Sit eers die drie kunswerke op die agtergrond vas met gom, kleefiint of krammetjies. Berei dan jou 
agtergrond voor deur teksture aan te bring met afvalmateriale soos tou, gare, vere, ensovoorts en verf dit 
met 'n kleur wat by die drie kunswerke sal pas en hulle sal komplementeer. Om die kunswerke self moet 
jy randpatrone aanbring deur enige simbool te herhaal en dus as patroon te gebruik. Dit kan 'n bestaande 
simbool of 'n geskepte simbool wees, solank dit verband hou met jou en jou kunswerke. 

STAP 3 

Die opvoeder sal 'n uitstallokaal in die skool bespreek vir 'n amptelike uitstalling. 



4.3.15 Assessering 



84 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die 

kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



DANS 



1.1 berei die liggaam met veilige danspraktyke voor en gebruik die liggaam op gesonde wyse, byvoorbeeld: 



1.1.1 opwarming en afkoeling; 



1.1.2 goeie postuurs- en gerigsoplyning; 



1.1.3 vrystelling / sagte gebruik van gewrigte; 



1.1.4 veilige landing na spronge; 



1.1.5 veilige rek-/strekbewegings; 



1.2 improviseer om choreografiese ontwerpbegrippe te verken: 



1.2.1 ruimte - rigting, vlakke, simmetrie; 



1.2.2 tyd - duur, pas, maatslag, frasering; 



1.2.3 krag - om toe te gee aan en weerstand te bied teen swaartekrag, aktiewe en passiewe beweging; 



1.3 skep en bied dansreekse aan wat, onder andere, op menseregtevraagstukke fokus en dit uitdaag, soos 
sosiale en kultrurele houdings teenoor dans en houdings teenoor geslag en liggaamlike gestremdheid in 
dans. 



DRAMA 



1.4 volg 'n onderwysergeleide opwarmingsroetine; 



1.5 gebruik die verkenning van menseregtevraagstukke in Suid-Afrika as grondslag vir groepimprovisasies 
wat: 



1.5.1 'n begrip van die basiese dramatiese struktuur (wie, wanneer, waar, wat) toon; 



1.5.2 karakters wat uit waarneming, nabootsing en die verbeelding tot stand gebring word, toon; 



continued on next page 



85 



1.5.3 sommige dramatiese elemente soos groepering, vorm en klimaks insluit om betekenis en gevoel oor 
te dra. 



MUSIEK 



1.6 kombineer en meng verskillende tromspeltegnieke en perkussiepatrone om ritmiese sinne te vorm; 



1.7 improviseer en skep musiekfrases deur begrippe soos gemoedstemming, vorm en kontras te gebruik; 



1.8 lees en sing of speel die toonleer en eenvoudige melodiee in G-majeur; 



1.9 komponeer musiek, liedjies of wysies rondom menseregtevraagstukke of om 'n opvoering of aanbieding 
oor menseregte te begelei. 



VISUELE KUNSTE 



1.10 skep kuns, kunshandwerk of ontwerpstukke wat kommentaar op menseregtevraagstukke lewer en die 
volgende toon: 



1.10.1 die vermoe om op 'n elementere vlak met 'n wye reeks materiaal, tegnieke, gereedskap en 
vaardighede te eksperimenteer; 



1.10.2 die vermoe om simbole en patrone te identifiseer en te gebruik; 



1.11 gebruik riglyne om eie kunswerk uit sy of haar portefeulje te kies, voor te berei en vir 'n klasaanbieding 
te monteer. 



Table 4.2 

4.4 Om verskillende tromtegnieke en perkussiepatrone te kombineer 4 

4.4.1 KUNS EN KULTUUR 

4.4.2 Graad 7 

4.4.3 SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING 

4.4.4 Module 16 

4.4.5 Om verskillende tromtegnieke en perkussie-patrone te kombineer 
Musiek 

4.4.5.1 Aktiwiteit 1: 

4.4.5.2 Om verskillende tromtegnieke en perkussie-patrone te kombineer 

4.4.5.3 [LU 1.6] 

• Wat 'n mondvol! Om hierdie opdrag beter te verstaan, gaan ons die aktiwiteit as volg onderverdeel: 

1. Tromtegnieke 

2. Ritmiese patrone: 

a) liggaamsperkussie 

b) trom 



4 This content is available online at <http://cnx.Org/content/m24533/l.l/>. 



86 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 

3. Ritmiese frases en sinne 

1. TROMTEGNIEKE 

Jy het reeds in Graad 6 kennis gemaak met enkele tromtegnieke gerig op die jembe - ons gaan dit hersien 
en daarop uitbrei. Uitspraak: dj em-be 

V oorbereiding 

• Eksperimenteer met die vashou van die trom: sittend of staande; tussen die kniee (verkieslik) , onder 
die arm, ens. Die onderste gedeelte van die trom staan eenkant opgelig, anders word die klank gedemp. 
Die gemaklikste is wanneer die trom in 'n sittende posisie gespeel word. 

• Verskillende klanke kan verkry word deur die tromvel op verskillende maniere aan te raak of te "slaan". 
Eksperimenteer nou met verskillende houe en klanke. 

• Let daarop dat jy jou polsgewrigte gebruik en nie jou hele arm nie! 

• Skryf jou bevindings neer deur die volgende vrae te beantwoord: 

• Watter gedeeltes van die hand kan jy gebruik vir houe op die tromvel? 

• Vergelyk die klank wanneer die hand gerond is en wanneer die hand plat is. 

• Waar op die tromvel sal jy die hoogste klank verkry? 

• Waar op die tromvel sal jy die laagste klank verkry? 

• Beskryf die klank as jou hand onmiddellik terugbons. Watter term word hiervoor gebruik? 

• Beskryf die klank as jou hand op die tromvel bly. Watter term word hiervoor gebruik? 

• Hoe vinniger die hand die tromvel tref hoe harder / sagter sal die klank wees. Kies die regte term. 

• Watter hand sal die skerpste en hardste klank genereer? 

• Dink jy tromspelers beperk hulle tot die tromvel? 

Drie Handtegnieke 

• Die tegnieke wat hier behandel word is, veral gerig op die djembe, maar kan op ander handtromme 
(Bv. doumbek, konga) toegepas word. 

• In Wes-Afrika (waar handtromme soos bv. die djembe sy oorsprong het) gebruik die verskillende 
streke verskillende terminologiee en uitsprake vir die onderskeie houe. Die terme bass, tone en slap 
word internasionaal gebruik en daarom sal ons daarby volstaan. 

• Die opvoeder sal hierdie drie handtegnieke aan julle verduidelik en demonstreer. Jy het dit tien teen 
een self ontdek terwyl jy eksperimenteer het met die klank en houe! 

Oefen die drie tegnieke en voltooi die onderstaande t.o.v. van hierdie tegnieke: 




Figure 4.7 



Beskrywing van hou op trom: 
Toonhoogte: 



87 




Figure 4.8 



Beskrywing van hou op trom: 
Toonhoogte: 




Figure 4.9 



Beskrywing van hou op trom: 



88 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Toonhoogte: 

Aangesien almal se fisiese bou verskil, moet jy self besluit wanneer 'n hou goed klink en voel. Jy moet 
jouself afvra waarom 'n spesifieke hou beter geklink het en wat jy gedoen het om dit beter te laat klink? 

1. RITMIESE PATRONE 






^S 



s-~**. 






J> 



^ 



« 



r * 



L 



S 
T 
I 
L 

T 
£ 



MusssS^ 



% 



^ 

■v 












SS 



*$*' 



Figure 4.10 



a) Ritmiese patrone: liggaamsperkussie 

Die opvoeder gaan sekere patrone aan jou voorklap en jy moet dit naboots. 
Let op hoe die patroon verander as daar stiltes ingevoeg word! 






Figure 4.11 



Hier volg 'n grafiese voorstelling van sommige van die patrone: 



89 



90 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 





TELLINGS 


1 


2 


3 


4 


1 


X 


X 


X 


X 


2 


X 








3 


X 




X 




4 


X 


X 






5 


X 




X 


X 


6 




X 


X 


X 


7 


X 






X 



Table 4.3 



Uitgebreide patrone: 





POLSSLAE in 4-maatslag 


1 


en 


2 


en 


3 


en 


4 


en 


1 


X 




X 




X 




X 




2 


X 


X 


X 


X 


X 


X 


X 


X 


3 


X 


X 


X 




X 




X 




4 


X 


X 




X 




X 




X 


5 


X 






X 


X 




X 


X 


6 


















7 



















Table 4.4 



b) Ritmiese patrone: trom 

Om hierdie patrone op die trom uit te voer, vereis 'n sekere mate van vaardigheid. 

• Besluit vooraf watter handtegnieke jy gaan gebruik. 

• Wissel die hande met elke hou af. 

• Herhaal elke patroon vier maal. 

• OEFEN, OEFEN, OEFEN! Hier volg riglyne van hoe enkele van die patrone op die trom uitgevoer kan 
word. Eksperimenteer self met verskillende tegnieke! Linkshandiges kan die hande omruil om sodoende 
die sterker hand, m.a.w. die linkerhand, vir die sterker polsslag te gebruik. Sleutel: 



91 



Sleutel: 



r 


r 


) 


Slap 


Tone 


Bass 












TELLfNGS 






1 


2 


3 


4 




1 














r 


r 


r 


r 






regs 


links 


regs 


links 






) 


) 


) 


) 






regs 


links 


regs 


links 






f 


r 


r 


r 






regs 


links 


regs 


links 




3 


r 

regs 




r 

links 





Figure 4.12 



92 



CHAPTER 4. KWARTAAL 4 



Uitgebrekte patrons: 














POLSSLAE In 4-maatstag 




1 


Ml 


2 


en 


3 en 


4 


en 




/ 

regs 




P 

links 




P 

reps : 


P 




2 


/ 


P 


P 

regs 


P 

(inks 


P P 

refls links 


P 

tags 


P 



Prabeer ook die volgende heelwal moeiliker patrone! 






Patroon in 4-sla imaat 


Tellings 




2 




3 en 




Klap 


X 




X 


X 


X 




Slag 








slap 




tone 


Notasie 


P 


P 


p ; 


p 


P 



Patroon in 3-slagmaat 


Telling 


1 en 


2 en 


3 en 


Klap 


X 


X X 




Slag 




tone slap 




Notasie 


c 


P P 





Patroon in 3-slagmaat 




1 en 


2 en 




Klap 


X 


X X 


X 






lone slap 




Notasie 


P 


P P 


'■■/ 



Figure 4.13 



3. RITMIESE FRASES EN SINNE 

Wanneer ons praat, word 'n sin onderverdeel in frases en hierdie frases word gewoonlik aangedui met 'n 
komma (nie finaal nie) wat asemhaling impliseer. Aan die einde van 'n sin is daar 'n punt - 'n finale stop of 
asemhaling. Om struktuur aan musiek te gee, word dieselfde beginsel toegepas - dit lei die luisteraar. 

In musiek bestaan 'n sin gewoonlik uit agt mate. Die sin kan weer onderverdeel word in twee frases van 
vier mate elk. 

Skematiese voorstelling: Elke blokkie stel 'n maat voor (vier of drie tellings). 



:1. -:2'/. -:3y. 141 



V, 



.iidLi2d xJMWzk . = 8 mate 



v^ 



FRASE 



FRASE 



SIN 



Figure 4.14 



Om 'n ritmiese sin van agt mate te skep, sal ons in hierdie module van herhaling gebruik maak. 
Herhaling is 'n kragtige komposisie-tegniek: die brein herken die ritmiese patroon sodra dit herhaal word. 
Volg die opvoeder se instruksies en bou sinne! 



93 

4.4.5.4 Aktiwiteit 2: 

4.4.5.5 Om musiekfrases te improviseer en te skep 

4.4.5.6 [LU 1.7] 

Om musiek te improviseer, beteken om 'n storie d.m.v. klank te vertel. Wanneer 'n storie 'n paar maal 
vertel word, verskil elke weergawe van die vorige - die storie sal nooit twee keer presies dieselfde wees nie. 

So ook wanneer musiek gei'mproviseer word: elke uitvoering verskil en weerspieel sy eie indiwidualiteit 
en uitdrukking. Die note wat gespeel word, kan vergelyk word met die styging en daling van die stemtoon 
of die aksies tydens die vertelling van 'n storie. Soos wanneer 'n storie vertel word, moet die musiek ook in 
frases en sinne gedink en gespeel word, anders sal dit stokkerig klink. 

Om te improviseer beteken dus dat jy jou eie musiek skep. Hierdie skepping moet egter binne 'n spesifieke 
raamwerk t.o.v. van maatslag en struktuur geskied. 

Jy moet eksperimenteer met klank en ritmiese patrone skep solank dit binne die gegewe raamwerk is 
t.o.v:l. Die maatslag (3- of 4-tyd) 

2. Ritmiese struktuur: frases en sinne (4 + 4, ens.) 

Volg die opvoeder se instruksies vir die volgende: 

1. Tromsirkel 

2. Bosbrand 

In die tromsirkel gaan jy aanvanklik slegs enkele mate improviseer wat dan uitgebrei word tot frases en sinne 
in die Bosbrand. 

Soos in soveel ander fasette van die lewe is samewerking in hierdie groeps-aktiwiteit uiters noodsaaklik! 
Die belangrikste vereistes is die volgende: 

• Konsentrasie en geheue 

• Luister na die ander spelers 

• Volg die maatslag - behou die polsslag 

• Behou die fase-struktuur 

Geniet dit! 

4.4.5.7 Aktiwiteit 3: 

4.4.5.8 Om in G-majeur te lees 

4.4.5.9 [LU 1.8] 

1. Jy het reeds kennis gemaak met C-majeur. Op die klavier beteken dit dat al die note wat gebruik word, 
wit note is. 

• Uit hoeveel trappe bestaan die toonleer? 

• Die opvoeder speel voor. Watter trap is verander? 

• Wat noem ons die simbool wat gebruik is om aan te dui dat die spesifieke noot hoer gespeel/sing moet 
word? 

• Skryf die G-majeur-toonleer en dui aan die veranderde noot. 

• WENK: Die G-sleutel dui die G-noot (die tweede lyn) aan. 

• Voeg die lettername by 



94 CHAPTER 4. KWARTAAL 4 




Figure 4.15 



2. Die opvoeder sal vir julle fotostate gee van die notasie van die Click Song en Nkosi Sikelel'i Africa] In 
die notasie is hierdie twee liedere deurmekaar geskommel. 

• Knip die mate uit en herbou die twee liedere soos 'n legkaart! 

• WENK: Klassifiseer eers al die mate volgens die maatsoort; 3- en 4-slagmaat! 

• Sing die verskillende mate, klap die ritmes en laat die woorde en herhalings wat voorkom jou lei. 

• Sodra die mate sinvol agtermekaar volg, kan jy dit in plak. 

• Voeg die lettername van die note by. 

• Kan jy dit sing? Kan jy dit op die klavier speel? 



4.4.5.10 Aktiwiteit 4: 

4.4.5.11 Om 'n klingel oor menseregte te komponeer 

4.4.5.12 [LU 1.9] 

Stap 1 

Luister na die opname/s wat die opvoeder aan jou voorspeel. 

Stap 2 

Dit is sedert die Tweede Wereldoorlog dat menseregte 'n kwessie geword het. Gedurende hierdie tydperk 
gebruik ook "klassieke" komponiste van die twintigste eeu musiek as universele taal, om die tema "menseregte" 
oor te dra. 

- Noem 'n voorbeeld van 'n twintigste eeuse komponis: 

- Kan jy kortliks die agtergrond omtrent die werk/e waarna jy geluister het skets? 
Stap 4 

Luister na Know your rights - The Clash. 

Stap 5 

Beantwoord die volgende vrae; 

Wat is die tema van die lied? 

Watter drie regte word hier gepropageer? 

Wat se die lied omtrent regverdigheid? 

Wat is die (historiese) gebeure rondom die lied? 

Stem jy saam met die idees en oplossing in die lied? 

Stap 6 

Bestudeer weer die Handves van Kinderregte, sowel as die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard 
gaan, soos uiteengesit in Leereenheid 1 (drama 1.2). 

Opsie 1 

Komponeer 'n klingel oor menseregte 

'n Klingel is 'n kort musikale idee wat kommersieel gebruik word vir advertensie-doeleindes. Skryf Jul eie 
klingel: "Ken jou regte" wat gebaseer is op Kinderregte (dit kan een of meer wees) en die verantwoordelikheid 



95 

wat hiermee gepaard gaan. Luister na klingels oor die radio. Die klingel kan gebaseer wees op 'n bestaande 
lied, rymklets (rap) of sing-praat (chanting). 

OF 

Opsie 2 

Komponeer 'n begeleiding vir 'n uitvoering of aanbieding oor menseregte. 

Volg die riglyne soos uiteengesit in aktiwiteit 4.2 ('n Bosbrand) en komponeer 'n begeleiding vir die dans 
in Leereenheid 2 Aktiwiteit 2.3 

Stap 7 

Hierdie opdrag word in klein groepies as tuiswerk gedoen en dan aan die klas voorgedra. 

4,4,6 Assessering 



Leeruitkomstes(LUs) 



LU 1 



SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, 
interpreteer en werk presenteer. 



Assesseringstandaarde ( ASe) 



Dit is duidelik wanneer die leerder: 



MUSIEK 



1.6 kombineer en meng verskillende tromspeltegnieke en perkussiepatrone om ritmiese sinne te vorm; 



1.7 improviseer en skep musiekfrases deur begrippe soos gemoedstemming, vorm en kontras te gebruik; 



1.8 lees en sing of speel die toonleer en eenvoudige melodiee in G-majeur; 



1.9 komponeer musiek, liedjies of wysies rondom menseregtevraagstukke of om 'n opvoering of aanbieding 
oor menseregte te begelei. 



Table 4.5 



96 ATTRIBUTIONS 

Attributions 

Collection: Kuns en Kultuur Graad 7 

Edited by: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/colll026/l-l/ 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Om individueel binne groepverband kleur te gebruik om kunswerk te skep" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24498/l-l/ 

Pages: 1-5 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om verskillende SA liedere te sing rondom die tema 'nasiebou'" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24492/Ll/ 

Pages: 5-11 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om tonele te skep wat persoonlike en sosiale kwessies aanspreek" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24503/Ll/ 

Pages: 11-16 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om verhoudings deur dans te verken" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24505/Ll/ 

Pages: 16-20 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om die gebruik van instrumente in Westerse musiek te ondersoek" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24506/l-l/ 

Pages: 21-32 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die huwelikseremonie" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24508/l-l/ 

Pages: 32-37 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



ATTRIBUTIONS 97 

Module: "Om die danse van verskillende kultuurgroepe in SA te waardeer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24516/l-l/ 

Pages: 37-42 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Om die oorsprong van liggaamsversiering te bespreek en waardeer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24513/l-l/ 

Pages: 43-50 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om navorsing te doen oor tradisionele dans:Indiese Dans" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24609/l-l/ 

Pages: 51-53 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om te kan onderskei tussen kuns, kunsvlyt en ontwerp" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24611/l-l/ 

Pages: 53-58 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om westerse instrumente te klassifiseer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24525/Ll/ 

Pages: 58-65 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Die elemente van drama in sosiale en kulturele gebeurtenisse ondersoek" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24527/Ll/ 

Pages: 65-69 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om 'n opvoedergerigte opwarmingsroetine te volg" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m29614/l-l/ 

Page: 71 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 

Module: "Om die liggaam op te warm voordat aktiwiteite uitgevoer word" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24529/Ll/ 

Pages: 71-78 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



98 ATTRIBUTIONS 

Module: "Om tekens en simbole te herken" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24532/l-l/ 

Pages: 78-85 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.Org/licenses/by/3.0/ 

Module: "Om verskillende tromtegnieke en perkussiepatrone te kombineer" 

By: Siyavula Uploaders 

URL: http://cnx.org/content/m24533/l-l/ 

Pages: 85-95 

Copyright: Siyavula Uploaders 

License: http://creativecommons.org/licenses/by/3-0/ 



About Connexions 

Since 1999, Connexions has been pioneering a global system where anyone can create course materials and 
make them fully accessible and easily reusable free of charge. We are a Web-based authoring, teaching and 
learning environment open to anyone interested in education, including students, teachers, professors and 
lifelong learners. We connect ideas and facilitate educational communities. 

Connexions's modular, interactive courses are in use worldwide by universities, community colleges, K-12 
schools, distance learners, and lifelong learners. Connexions materials are in many languages, including 
English, Spanish, Chinese, Japanese, Italian, Vietnamese, French, Portuguese, and Thai. Connexions is part 
of an exciting new information distribution system that allows for Print on Demand Books. Connexions 
has partnered with innovative on-demand publisher QOOP to accelerate the delivery of printed course 
materials and textbooks into classrooms worldwide at lower prices than traditional academic publishers.